Leeshoekie

Ek het maar bitter min gelees die afgelope paar jaar – nie eers my Bybel om die waarheid te sê nie. Maar onlangs is die belangstelling weer in my opgewek toe ek met kort dagstukkies begin het; toe ek weer die moed begin kry het om met Godgoed besig te raak. En dit het soveel waarde toegevoeg tot my daaglikse bestaan want ai tog, Here, ek wil net elke dag oorleef en ek wil net rustig voort werk en woon.

Die kosbare leesstof waarmee ek tans besig is, glo ek is vir elke mens bedoel wat sy of haar toevlug tot die Here soek; en ek wil dit graag met deel en ek hoop dit sal vir iemand ook baie beteken en help op hulle lewenspad.

  1. Die eerste e-boek wat ek gelees het was geskryf deur Amy Carmichael, Candles in the Dark. Vir die laaste twintig jaar van haar lewe was Amy vasgepen in haar kamer met konstante siekte en pyn. Gedurende die tyd het sy briewe geskryf aan vriende en familie wat nooit bedoel was om gepubliseer te word nie, want in Indië waar sy sendingwerk gedoen het en ‘n kinderhuis bedryf het, mag daar nie Christelike leesstof gepubliseer word nie. Haar briewe het jare later egter publisiteit gekry (ek dink dit was na haar dood), en het talle mense se lewens aangegryp. Myne ook.
  2. Elke oggend wanneer ek werk toe ry (so 28km) dan luister ek na ‘n audio boek van Roma Downey. Sal was bekend as die engel, Monica, in die tv reeks Touched by an Angel. Die audio boek se naam is Box of Butterflies en dit handel oor haar lewe, haar liefde vir God en God se liefde vir die mensdom. My grimering was al ‘n paar maal afgehuil as ek by die werk kom, maar die moeite werd. Dit het ‘n groot indruk op my gelaat en ek sal dit enige tyd weer luister.
  3. Waiting on God, geskryf deur Andrew Murray. ‘n 31 dag devotional. Ek het spesifiek hierdie boek begin omdat ek die konsep wil ondersoek van, Wees stil en wag op die Here. Veral in my situasie met my dogters en die dringendheid van my hart dat ek hulle graag weer wil sien en hierdie vervreemding tot niet maak, maar dat ek eers moet leer om stil te raak. Rustig. En op God te wag. Hy is nie doof nie, ook nie blind nie. Hy weet wat die situasie is, maar ek moet leer om stil te raak en op Hom te wag. Hy sal my gebed verhoor en uitkoms gee op die regte tyd. Soos met elke situasie in ‘n mens se lewe, is dit goed om te leer om te wag. En al wat ek kan sê van die boek sover is, dis lewensveranderend!
  4. My tweede audio boek was Fervent van Priscilla Shirer – A woman’s battle plan for serious, specific, and strategic prayer…. Need I say more! Sy is ‘n prayer warrior van formaat; en sy gaan stap vir stap saam met die leser deur haar eie gebedstrategieë. Baie baie leersaam, dit het my op die regte pad gesit met my eie sukkelende gebedslewe.

 

Advertisements