‘n Honderd en tien dinge om voor dankbaar te wees

Een van die dinge wat my grensloos irriteer is mense wat heeldag loop en kla oor alles en met niks tevrede is nie. Hulle sien niks positief in ‘n dag nie en is totaal negatief oor alles of hulle het elke dag ‘n ander pyn en kwaal. Hier by ons is so ‘n vrou. Dis pynlik om na haar te luister; sy klink soos ‘n plaat wat vashaak. ‘n Druppende kraan. Sy is erg! Ek kon dit net vanoggend nie meer hou nie en voor ek myself kon keer, toe maak ek half verergd die opmerking dat daar 110 dinge is waarvoor mens elke dag kan dankbaar wees. Haar reaksie natuurlik: Soos wat?

Nou kyk, ek moes my torre mooi agtermekaar kry maar met behulp van my kollegas kon ek vir haar ‘n lys van ‘n honderd en tien redes gee.

Almal het hul eie besige lewens en ons vat selde die tyd om net vir ‘n oomblik stil te raak en te dink aan al die dinge waarvoor ons kan dankbaar wees….

1. Familie

2. Vriende

3. Gesondheid

4. Opvoeding

5. Die geleentheid om te kan leer

6. Kos op die tafel

7. ‘n Warm bad

8. Toegang tot die internet

9. Die vermoë om te kan werk en ‘n inkomste

10. Sonsopkomste en sonsondergange

11. Die vermoë om te kan droom

12. Die vermoë om te kan sien

13. ‘n Dak oor jou kop

14. Om met vakansie te kan gaan

15. Troeteldiere

16. Verrassings

17. Wanneer iemand vir jou glimlag

18. Reënboë

19. ‘n Tuisgemaakte ete

20. Goeie nuus

 

 

21. Sjokolade

22. Die feit dat elke dag ‘n nuwe begin is

23. Die vryheid om te kan stem

24. Die vryheid om te kan kerk toe gaan

25. Moderne medisyne

26. Moderne tegnologie

27. Koffie

28. Drukkies

29. Om te gaan stap

30. Kameras om mooi oomblikke af te neem

31. Die snooze knoppie op die alarm

32. As jy iets kry wat jy gedink het jy’t verloor

33. Stokperdjies en die vermoë om dit te kan beoefen

34. Om te kan dans

35. Jou gunsteling fliek of tydskrif of boek

36. Vars drinkwater

37. Om te kan lag

 

38. Om sonder fisiese pyn te kan leef

39. Lekker slaap soentjies

40. Jou verbeelding

41. Jou kreatiwiteit

42. Om te kan uitsien na iets

43. Slaap

44. Natuur

45. Elektrisiteit

46. Om doelwitte te kan stel en dit te behaal

47. Onvoorwaardelike liefde

48. Om af en toe goed teen spesiale pryse te kan koop

49. Om elke oggend wakker te word

50. Toegang tot medikasie

51. Om tyd vir jouself te hê

52. Mense wat vriendelik is

53. Die feit dat jy uniek is en dat daar niemand anders soos jy is nie

54. Om te leer uit jou foute

55. Naweke

56. Pay-days

57. Seisoene

58. Die vermoë om in kleur te kan sien

59. Wonderlike kollegas

60. Diversiteit

61. Christelike tradisies soos kersfees en paasfees

62. Goeie bure

63. Die onskuld en eerlikheid van ins kinders

64. Om ‘n toekoms saam met iemand te bou

65. Om te kan bid

66. En diep betekenisvolle gesprekke tot in die vroeë oggendure te kan hê

67. Vergifnis

68. Spanwerk

69. Om na musiek te kan luister waarvan jy hou

 

 

 

 

 

70. Gemaklike klere

71. Mense wat die beste uit jou bring

72. Die vermoë om emosies te ervaar

73. Die vermoë om ‘n voertuig te kan bestuur

74. Nuwe vars beddegoed

75. Die vreugde van ‘n tuin en plante

76. Takeaways en restaurante

77. Om passies te hê

78. Transport / Vervoer elke dag werk en winkel toe

79. Ou foto’s

80. Laat slaap

81. Sondae. Rusdae

82. Slegte dae wat ons help om die goeies te waardeer

83. Die vermoë om mense te help

84. Om jammer te kan sê

85. Om oopkop te wees

86. Krag en sterkte vir elke dag

87. Ander mense se goedhartigheid

88. Respek

89. Om erkenning te kry vir jou werk

90. ‘n Hart wat die bloed deur jou are pomp en jou die vermoë gee om te kan voel

91. Longe wat jou help om asem te haal

92. ‘n Immuunsisteem wat jou liggaam teen kieme en siektes beskerm

93. Trane wat jou siel skoon was

94. Teleurstelling, sodat jy kan weet wat regtig saakmaak

95. Pyn en vrese, sodat jy ‘n sterker mens kan word

96. Die son wat elke dag op ons skyn

97. Blogs wat ons met ander skrywers verbind

98. ‘n Bed om in te slaap

99. Sielsgenote

100. Vyande wat jou help om ‘n beter mens te wees

101. Liefde

102. Uitdagings wat jou help om te groei

103. Lewe – vir alles wat jy kan ervaar

104. JY – vir wie jy is en wat jy beteken

105. Om nie hoef te wonder waar jou volgende bord kos vandaan gaan kom nie

106. Dat jy jou rekeninge die maand kan betaal

107. Die vermoë om tussen reg en verkeerd te kan onderskei

108. ‘n Tuiste waarheen jy elke dag kan gaan

109. Die vermoë om na joiself en na ander te kan kyk

110. Bo alles, God se genade wat jou dag na dra

Advertisements

9 thoughts on “‘n Honderd en tien dinge om voor dankbaar te wees

  1. Jinne ek hou hiervan! As happiness coach is die nommer een ding wat my kliente moet doen en ek self ook doen, is om elke dag ten minste drie goed te kry waarvoor hul dankbaar is. “An attitude of grattitude brings a lifetime of happiness.”

    Liked by 1 person

  2. Ek trek nou al by dag 172 van dankbaarheid.
    Ek wonder wat was haar reaksie, of sy dit wou hoor?
    Ek het een om vir haar by te sit: Dankbaar dat daar nense is om al die klagtes aan te hoor.
    Ekskuus, nou was ek ook baie lelik.

    Liked by 1 person

    • Ek volg jou dankbaarheidsreistog, dis baie insiggewend. ‘n Mens sê baie maklik ons moet meer dankbaar wees, totdat jy gaan sit en begin neerskryf. Dan besef jy eintlik hoe afgestomp jy werklik is, want ons tel eintlik so min ons seëninge.
      Jy het ‘n punt beet daar en dit laat my dink. Dis net een van die dinge wat ek nie kan verdra nie, en dis mense wat elke dag loop en kla terwyl hulle alles in die lewe het en alles vir hulle goedgaan en regloop, dan kla hulle nog steeds terwyl Paulus vir ons sê ons moet vergenoeg wees. Maar so iemand skep so ‘n negatiewe atmosfeer, nie net vir hom of haarself nie, maar ook vir ander. Ek vermy sulke geselskap natuurlik totaal. En dan wonder ‘n mens aan die anderkant, sit God nie doelbewustelik sulke mense op ons pad nie? Of is hulle eerder instrumente in die duiwel se hand? Ek is soos Petrus, ek sal haar sommer sê, gaan weg agter my Satan!
      Wil jy weet wat haar reaksie was? ‘n Honderd en tien negatiewes!

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s