Box of Butterflies

Die eerste audioboek wat ek gekoop en geluister het, was van Roma Downey wat meer bekend staan as Monica, die geliefde engel van die TV reeks, Touched by an Angel. Sy het hierdie amazing boek geskryf, Box of Butterflies.

Sedert haar kinderdae het Roma skoenlappers beskou as ‘n besonderse herinnering aan haar ma wat vroeg in haar jong lewe oorlede is, en ook aan God se teenwoordigheid regdeur haar lewe. Veral in oomblikke wanneer sy bemoediging nodig gehad het dat sy nooit alleen is nie.

Hierdie is ‘n diep persoonlike boek waarin Roma stories uit haar lewe deel; en wat dit so spesiaal maak is dat sy regdeur die boek melding maak van teksverse, gedigte, aanhalings, ensovoorts wat vir haar spesiaal is en wat sy graag met die lesers wil deel in die hoop dat dit hulle ook sal bemoedig.

Ek is bly ek kon eerder na die boek geluister het. Ek dink nie as ek dit gelees het sou dit dieselfde effek gehad het nie. Ek het sommer my boek op Google Play gekoop en op my selfoon afgelaai, en elke oggend op die 28 km pad oppad werk toe, het ek geluister hoe sy haar boek met oortuiging en integriteit voorlees. Soms het ek my grimering afgetjank nog voor ek by die werk gekom het!

Soos die TV reeks, handel die boek se sentrale tema oor God: dat daar wel ‘n God is, dat Hy jou liefhet, en dat Hy selfs in jou moeilikste tye by jou is. Dat jy met tye alleen gaan voel, maar dat jy in werklikheid nooit alleen is nie. Die skoenlapper tema herinner die leser dat die wonder van God se liefde en goedheid soms in die sagte fluisteringe van die natuur gevind kan word; en dat elkeen van ons oor die potensiaal beskik om te verander.

Wat die boek vir my persoonlik beteken het

Wat ek van hierdie boek gehou het, is dat dit van een hoofstuk na die volgende vloei. Die storie agter die storie is so geweldig inspirerend dat dit gevoel het ek kon net op ‘n plek gaan sit het, my oë toe kon maak, en luister en luister en inneem…. Die boodskap wat deur haar storie filter is die blye boodskap van God en hoe betrokke Hy eintlik in ons lewens is, sonder dat ons noodwendig daarvan bewus is. Ek het in die besonder aan my dogters gedink, hoe Hy ook in hulle lewens betrokke is en dat alles – met en deur ‘n proses – in Sy perfekte wil en in Sy perfekte tyd gebeur en ontvou.

Box of Butterflies het my ook opnuut bewus gemaak van die onverwagte, onsigbare seëninge reg rondom ons. Elke dag. Selfs as ons nie vra nie, is Hy altyd getrou en op tyd. Ons is geseënd met alles wat ons nodig het; en partykeer stuur God vir ons kosbare lesse en boodskappe op die mees onverwagte wyses denkbaar. Ons moet net bereid wees om te luister, te sien, te leer, en te groei.

Watter boek wat jy gelees het het jou uit jou sokkies gebless?

Xxx

Advertisements

5 thoughts on “Box of Butterflies

    • Dit is regtig besonders, ek sal dit vir enige een aanbeveel. Ek is tans besig met Courageous Women of the Bible, ook goed. Maar ek smag na iets met zoom-zoom; iets wat WOW is. Ek hou van diep skrywe. Hoe vind jy Book of Joy?

      Liked by 1 person

      • Ek hou ook van iets met vleis aan. Ek geniet dit baie. Veral die humor van Desmond Tutu en die Dalai Lama. Dit herinner my om my sin vir humor te behou in moeilike omstandighede. Dan fokus mens nie op die negatiewe nie. 🙂

        Liked by 1 person

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s