Amen & Koebaai

Ek kry vanoggend die stukkie op whatsapp en dit is so besonders. Mag dit vir iemand anders ook iets beteken xxx

Amen en koebaai…

Ek weet nie van jou nie, maar ek het twee soorte bid in my lewe: die een is sommer die gewone praat met God, geliefdes voor Sy voete lê, Hom aanbid vir Sy liefde en sorg, en dan opstaan en die dag voluit aanpak… En dan is daar die amen en koebaai bid. Daardie oggende wat jou bid nie woorde wil kry nie, en sommer net rou emosie is: verlang wat te veel word, vrees vir dinge wat wag, hartseer oor dinge wat gebeur het. En as mens so voor die Here ‘voel’, wil mens nie amen sê nie. Want amen voel partydae soos koebaai, so al asof jy en God julle eie koers gaan inslaan, tot die volgende gebed natuurlik. Op sulke dae klou jy wanhopig aan die Here vas, weet jy met kinderlike geloof dat die Here jou nie mag los nie. Nie op daardie oomblik nie. Nooit nie.

Iemand het eendag gesê dat mens soms moet bid, en ander kere net moet toelaat dat die Here jou liefhê… Op amen en koebaai dae, mag jy maar net stil by Hom sit en Hom vra om vir jou lief te wees. Op amen en koebaai dae, mag jy jou oë toemaak en in jou gedagtes voel hoe die Here jou styf vashou. Op amen en koebaai dae mag jy maar jou kop teen Sy bors laat sak, en jou huile huil. Op amen en koebaai dae maak dit nie saak of jy amen sê nie, want die Een wat jou naam in Sy handpalm geskryf het, het gesê: “Moenie bang wees nie (nie vir die hartseer van verlang na n geliefde nie, nie vir die spoke van die verlede of die uitdagings wat voorlê nie), want Ek is by jou. Altyd.”

Advertisements

‘n Briefie…. van Leandri

Liefste tannie Andorize

Ek sê die volgende met ‘n swaar en dankbare hart.
Ek het gister oggend wakker geword en besef dat dit die 5de vieringsdaggie is van n persoon se lewe, wie ek herken, maar sekerlik nie meer ken nie. Ek het dit probeer verswelg, maar kon dit net eenvoudig nie reg kry nie. My hart breek, in duisende fyn stukkies, om te dink hoe tannie deur die dag gevoel het en selfs om te dink aan watter hartseer denke en onthou weer in tannie se gedagtes afspeel.

Ek haal voorwaar my hoed vir tannie af. Ek weet nie hoe tannie dit doen nie, bo dit alles leef tannie nog ‘n godgewende lewe met die goedheid en die seer. Dis waar, dat die wondere wat God aan ons beskryf werklik alle monsters uit ons harte dryf. Ek bid nog vir tannie, al die pad.
And I trust deeply that your sorrows will not last, and that happiness will always be found somewhere in every situation no matter how hard it is for us to find that happiness… I trust as proverbs 3:5 says “TRUST in the Lord”.

Groete aan my liewe Tannie Andorize.

18 vandag

My baba word vandag 18 jaar oud. 18. Tyd het gevlieg, Sus, jy word mondig vandag! Pragtige jong vrou in ‘n grootmens-wêreld. Ek wens ek kon jou hande vat en in jou oë kyk en self vir jou gelukwens.

Onthou wie jy is: ANIKE. Deur God gegee. ‘n Geskenk uit Sy hand. Dit is wat jou naam beteken en jou naam is in Sy handpalm gegraveer. Hy het jou nog nooit gelos nie; nog nooit alleen gelaat nie. Hy was elke tree saam met jou en dis juis daardie plekke waar jy die seerste het, waar Sy genade die grootste is. Onthou dit altyd, my kind. Jy kan jou ma eenkant toe gooi en verwyt vir alles wat verkeerd loop in jou lewe en maak of sy nie meer bestaan nie, maar God laat nie met Hom mors nie. Sy genade is oneindig groot en Sy liefde is onfeilbaar, maar ook net tot op ‘n punt. Ek weet, want ek het self Sy geduld beproef al ‘n paar maal in my lewe; en ek moes die gevolge dra.

Geen kind word met inherente haat gebore nie, Anike. Kinders word geleer om te haat, soos jy geleer is om te haat. Dis nie wie jy is nie. Ek ken jou, my kind, en dit is nie wie jy is nie. As jy maar weet hoeveel keer ek bid en vir die Here vra om vuur uit die hemel te laat kom! (Ek weet, ek besef nie altyd wat ek vra nie, maar ek vra in elk geval)…. Vir julle onthalwe. Vir julle behoud. Vir julle verlossing. Vir reg en geregtigheid. En vir my sanity. Want my kind, as my liefde vir julle nie genoeg was nie, wat sou my woorde in elk geval werd wees; as julle glo dat ek in elke opsig ‘n mislukking as julle ma is? Wat bly daar dan vir my oor? Ek het julle laat gaan omdat ‘n ma wat haar kinders onvoorwaardelik liefhet, hulle nie vashou as hulle nie wil bly nie. Toe julle wou gaan moes ek julle laat gaan want daar was vir julle beter moontlikhede op daardie stadium wat ek nie vir julle kon bied nie. Ek het julle uit liefde laat los en laat gaan. Let go and let God.

Ek sê hierdie dinge vir jou op jou mondigwording my skat, want vandag word jy ‘n grootmens, al is jy eintlik nog maar kind…. Dan moet mens begin dink en redeneer soos ‘n grootmens en die dinge van ‘n kind so stuk vir stuk agterlaat. Hierdie is realiteit. Harde realiteit. Ondersoek jouself. Wees op jou hoede en moenie saamgesleep word deur die stroom nie. PASOP om nie vasgevang te raak in ander mense se manier van dink nie. Moenie jou leefstyl aanpas by hulle gedragspatrone en dié van die wêreld nie. Onthou jou gunsteling psalm, Psalm 1. Leef daarvolgens. Moet jou nie bemoei met wat vir jou te groot of te moeilik is nie, maar onderskei wat HY wil hê dat jy moet doen: “naamlik dit werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is” (Rom 12:2). Niks is op hierdie stadium van die geveg is meer belangrik as om met God reg te kom nie, want van hier af, my kind, kap jy jou eie pad oop en jy neem jou eie besluite en maak jou eie keuses. Anike-kind, jy kan dit nie sonder die Here doen nie. Jy gaan die pot baie ver mis sit as jy dink jou lewe kan sonder Hom bestaan. Dit kan nie. Vra my, ek weet. Ek was ook al daar en ek het nie net een keer nie, maar ‘n paar keer, die merk totaal gemis.

My wens vir jou, Sussa – nou dat die pad voor jou oop lê en jy wettiglik jou eie besluite kan neem en niemand meer ‘n sê of ‘n houvas oor jou het behalwe jy self nie (dank die Here daarvoor!) – dat jy sal soek en mag vind dít wat God vir jou lewe wil hê. Nie ek nie, nie ander mense nie, nie eers jyself nie, maar wat God wil hê vir jou. Laat Hy jou onderrig en die pad wys waarop jy moet gaan. Laat Hy jou Raadgewer wees. Onthou: sukses in vandag se taal beteken geld, aansien, die regte skole, die regte loopbaankeuses, die regte konneksies op jou pad…. Dit is alles goed en wel, maar op die lange duur, wanneer die ewigheid in sig kom, wat help dit as jy alles in die lewe het en alles in die lewe bereik, maar jou diepste menswees ly skade?

Mik vir dit wat God vir jou lewe wil hê, my kind. Do not settle for less! Jy weet dalk nie hoe so ‘n toekoms vorentoe mag lyk nie, maar God sê Hy weet wat Hy vir jou beplan: voorspoed en nie teëspoed nie. Saam met Hom wil ek ook hê dat jy hoop vir die toekoms moet hê (Jer 29:11) en jou toekoms, my kind, is nie beperk tot slegs een lewensduur nie. Nie net kan die Here vir jou deure oopmaak nie, Hy wil vir jou die hemel oopmaak! En daarom bid ek: Here, help my om te wil hê wat U vir my kinders wil hê. Help hulle om U bo alles lief te hê!

Anike, my kind, baie baie geluk met jou verjaarsdag. Jou tyd het aangebreek. Dis ‘n nuwe seisoen wat vir jou wag. Maak jou los van die dinge wat agter jou is en strek jou uit na dit wat voor is. Breek weg van die slegte en bou op die goeie. Daar is ‘n plan vir jou lewe en ek glo met my hele hart dat dit ‘n goeie plan is. Dinge sal vir jou uitwerk soos dit moet. Ek weet jy is braaf en dapper; gaan uit en gaan verower die wêreld. Jy was nog altyd ‘n vry gees. Moenie jou laat terughou nie. Gaan vind jouself opnuut; en volg jou hart na nuwe horisonne. En as die Here wil, mag jy jou pad terugvind huistoe. Maar as jy nie weer jou pad terugvind nie en ek jou nie weer sien in my lewe hier op aarde nie; as dit ons nie beskore is om te versoen voordat ek moet gaan nie, dan lê my hoop daarin dat ons mekaar wel in die hiernamaals sal sien waar daar geen trane en hartseer meer sal wees nie.

My tyd raak min, maar jou lewe lê voor. Gaan, en maak die beste daarvan. Ek sal altyd bitter trots wees op jou.

Here Jesus, waak asseblief oor hierdie kind van my. Lei haar weer na U toe. Ek weet nie wat U planne is vir haar nie, maar mag sy haar pad na U toe vind sodat sy altyd sal bly groei in U onverdiende goedheid en kennis. En terwyl ons van mekaar verwyder is, Here God, laat ons net aan U bly vashou. Wees vir ons ‘n skuilplek en beskerm ons van teëspoed. Bly in ons harte en maak ons dapper en sterk. Dankie dat U vir ons dinge uitwerk selfs al voel dit nie so nie. Dra ons dag na dag in U arms. Wat geen oog gesien het; wat geen oor gehoor het; wat in niemand se hart opgekom het nie – dit het God voorberei vir hulle wat Hom liefhet. Dit bid ek vir my kind op haar verjaarsdag.

Mooi dag, my liefste Anike-kind.

Al my liefde,

Mamma xxx

Sing, keteltjie, sing!!

Al is die ketel tot by sy nek in kookwater, sing hy steeds! Leef jou lewe, sing, en doen die moontlike. God sal die onmoontlike doen.

Elke dag – nie net sommige dae nie – maar elke dag laat ons toe dat vrese en beperkings en tekortkominge ons beheer. Ons bou rondom ons hierdie kraalmure waarbinne ons elke dag leef. En ons bly net tussen of agter hierdie mure met ‘n mentaliteit van “Ek kan nie”. As ons net kan besef dat daar lewe anderkant die mure ook is!! Ons hoef dit nie te sien nie, ons kan dit net weet; dat wanneer ons ons vertroue in die Here plaas, buite ons vermoë en begrip en krag en verstand; dít is wanneer geloof in werking tree. En wat is geloof anders dan as “‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie”.

Die lewe draai nie altyd uit soos ons dit wil hê nie. Myne het beslis nie. Dit het sy optes en aftes en draaie en kinkels. En dis juis hierin waar die water begin kook en die ketel begin sing. En hoe warmer die water raak, hoe harder sing hy. En hy hou nooit op met sing totdat die hitte minder raak en die water koeler raak nie.

Mag ons van iets so eenvoudig soos hierdie ketel leer; van Dawid en sy musiekleiers op snaarinstrumente, dat wanneer onheil dreig en gevare ons omring; wanneer dinge onseker is; wanneer mense ons verlaat of ons slegsê; wanneer die werk te veel raak; wanneer die kursus te moeilik raak; wanneer die huis te klein raak; en die bankrekening leeg raak…. “Nogtans sal ek jubel in die Here”.

Xxx

(Heb 11:1; Hab 3:18)

Geseënde Mamma’s dag!

Die mammas en oumas wat ek ken en wat ek so op my pad leer ken het almal een ding in gemeen: hulle lewe voluit en hulle demonstreer onvoorwaardelike, onselfsugtige liefde. It’s a God-thing.

IMG-20180513-WA0005

My ma was altyd daar vir my op my lewenspad. Haar liefde en gebede het my altyd terug gebring huistoe wanneer ek die pad byster geraak het. Terug na ons Hemelse Vader toe. Haar kinders en haar kleinkinders is haar alles, en sy sal haar alles gee vir ons.

IMG-20180513-WA0002

Ma, ek weet die pad wat jy gestap het was nie altyd maklik nie, maar Ma is vandag sterker ten spyte van daarvan. Deur voorspoed en teëspoed het Ma die persoon gebly wat haarself misken het ter wille van ons. Niks was ooit te swaar of te moeilik of te duur of te veel of te min nie. Uit niks het Ma alles gegee en gedoen. Met min het Ma ons deurgedra.

cc6ea88a79ef7659fd8a156d4725d795Geniet hierdie dag en elke dag, lief vir Ma ❤

IMG-20180513-WA0004

Dankie vir elke mamma en ouma wat so baie vir julle gesinne doen. Julle is super spesiaal!

IMG-20180513-WA0003

xxx

Kronkel-liefde

Ek het nie woorde nie.

Tapestry of Thought

Van hierbo uit die ge-propelleerde vliegtuigie uit, is dinge duidelik.

Alles wat God gevorm het, kronkel. Dit vou oop, met grasie en genade. Berge en riviere, landskappe en wolkpatrone. Lewe en orde, met kuns gekroon.

Alles wat Mens gemaak het, is reguit. Paaie en kragdrade. Grenslyne. Hard ge-ets, asof om die stempel van mens-in-beheer af te druk.

Dalk is dit hoekom ons sukkel om liefde te verstaan. Ons wil reguit lyne trek. Grense afkamp. Die pad van punt A na punt B uitkaart.

Terwyl liefde eintlik ook maar net wil kronkel. Om soos ‘n bergstroom sy stilseker pad te vind.

Selah.

View original post

Verslaaf aan skinder?

Ek haat skinder. En ek dink niks van mense wat skinder nie. Hierdie skrywe moet gehoor word en is ‘n reblog werd!!

Hasie Fantasties

Image result for gossipIs jy verslaaf aan skinder? Besef jy ooit hoe baie skinder jy en jou vriendinne so oor ‘n koppie koffie of ‘n glasie wyn? Neeeee maar jy skinder “mos” nie, jou vriendin vertel jou ‘n storie van iemand wat julle ken (gewoonlik ver weg ken). Haar man se boetie se vrou se sussie het gesê Rita en Klaas gaan skei. Dis mos nie skinder nie. My liewe mens, as dit nie uit Rita of Klaas se mond kom nie dan skinder jy. Van die bybel tot Buddha sê jy mag nie skinder nie. So hoekom doen ons dit?

Dalk is dit omdat ons nie veel anders het om oor te praat nie. Ek het ‘n vriendin/deel van die family wat ek geen idee het wat om met haar te praat as daar nie oor ander mense gepraat word nie. Dis nie dat sy boring is nie, die dam is maar…

View original post 643 more words