By die waters

Ons kamp by Bloemhofdam die naweek. Die dam is mooi vol teenoor die ongeveer 26% so ‘n jaar of wat gelede. Mens kan nie glo wat water aan ‘n plek kan doen wat  droog en dor en leweloos was nie. Dit laat my dink aan wat Jesaja geskryf het:

“Die Here sal jou altyd lei. Selfs in tye van droogte sal Hy voorsien in jou behoeftes. Hy sal jou gesond en sterk hou. Jy sal wees soos ‘n tuin wat genoeg water kry, soos ‘n fontein wat altyd aanhou vloei.”

The following extract from Campbell (African Light), may illustrate this passage: ‘In a hot climate, where showers seldom fall, except in what is called the rainy season, the difference between a well and ill watered garden is most striking. I remember some gardens in Africa, where they could lead no water upon them, the plants were all stinted, sickly, or others completely gone, only the hole left where the faded plant had been. The sight was unpleasant, and caused gloom to appear in every countenance; they were pictures of desolation. But in other gardens, to which the owners could bring daily supplies of water from an overflowing fountain, causing it to traverse the garden, every plant had a green, healthy appearance, loaded with fruit, in different stages toward maturity, with fragrant scent proceeding from beds of lovely flowers; and all this produced by the virtue God hath put into the single article of water.’

Die fonteine van vergifnis, vrede en blydskap is altyd oop en tot oorlopens toe vol. Die strome van verlossing vloei altyd. Die moeë pelgrim mag enige tyd daar gaan vertoef, maak nie saak hoe ver die reistog of hoe diep die slyk van sonde nie; of hoe dikwels ons daarheen gaan nie. God se water van rus; Sy strome van seën; Sy fonteine van vergifnis; Sy dou van genade faal nooit. Dit hou nooit op met vloei en droog nooit op nie. Dit is tot in ewigheid.

En dit is Sy woord, nie net vir vandag nie, maar vir elke dag.

Bly by die water xxx

Advertisements

‘n Tyd vir Alles

IMG_20150918_0023721Ek onthou dit goed (en ek dink my ma ook!) Hoeveel keer het sy nie baklei oor daai stoel nie! Maar dit was my stoel, my “clutter”, en ek was gemaklik daarmee want my gees en my gemoed was ook ge”clutter”….

Hoeveel keer lyk ons binnekante so? ‘n Warboel. “Clutter in your physical surroundings will clutter your mind and spirit.” Of andersom: “Clutter in your mind and spirit will also clutter your physical surroundings.”

“Clutter is a weight that has built on top of you so gradually, you don’t even realize anymore that it is holding you down.” (Mary Johanson).

Sodra dit vir ons begin voel dat dinge te veel raak, of dat die dinge wat ons ervaar te chaoties is, of dat ons in tien verskillende rigtings geskeur word, is dit ‘n teken dat ons moet “DEclutter” (of te ONT-warboel).

Haal DIEP asem, laat LOS, en laat GAAN.

Daar is ‘n vaste tyd vir alles, elke ding onder die son het sy tyd:

‘n tyd om gebore te word en ‘n tyd om te sterf.

‘n tyd om te plant en ‘n tyd om uit te ruk wat geplant is.

‘n tyd om dood te maak en ‘n tyd om gesond te maak.

‘n tyd om af te breek en ‘n tyd om op te bou.

‘n tyd om te lag en ‘n tyd om te huil.

‘n tyd om te treur en ‘n tyd om van vreugde te dans.

‘n tyd om jou saad te saai en ‘n tyd om jou saad terug te hou.

‘n tyd om te omhels en ‘n tyd om weg te bly van omhelsing.

‘n tyd om te soek en ‘n tyd om te verloor.

‘n tyd om op te pas en ‘n tyd om weg te gooi.

‘n tyd om te skeur en ‘n tyd om vas te werk.

‘n tyd om stil te bly en ‘n tyd om te praat.

‘n tyd om lief te hê en ‘n tyd om te haat.

‘n tyd vir oorlog en ‘n tyd vir vrede.

Watter voordeel is daar vir die een wat iets doen wat hom vermoei?

Prediker 3, NLV

‘n Brief aan elke vrou, van Leandri

Ek wil graag ‘n brief met julle deel wat ‘n gewese skoolmaat van Anike geskryf het. Dit praat regtig met ‘n mens se hart. Ek hoop in die onmoontlikheid van baie dinge, dat my dogters dit ook te lees sal kry want ek weet dit sal vir hulle ook baie beteken.

Ma Sel 20171022_064248

Leandri (links) en Anike. Hierdie twee was soos Dawid en Jonatan. Dinamiese vriende! Leandri het in ons lewens ingestap toe sy en Anike maats geraak het op laerskool. Dierbare kind wat baie diep in ons harte gekruip het. Haar vriendskap met Anike was een van daardie wat ‘n ouer se hart bly gemaak het. Selfstandige, goed opgevoede kind. As daar nou een kind was saam met wie ek my kind vertrou het, dan was dit Leandri gewees. My hart was gebreek vir haar toe Anike weggegaan het en hulle kontak verloor het. Hoe bitter onregverdig, dat met die vervreemding, my dogters se vriendskappe ook moes skipbreuk ly. Hulle het dit nie verdien nie. Nie my dogters nie en ook nie die maats wat agtergebly het en kontak verloor het nie.

Nietemin, deur die jare het Leandri haar kop hoog gehou en as jong dogter bly groei. Vanjaar is sy in matriek en hoofdogter van Hoërskool Adamantia in Kimberley. Op Vrydag 2 Maart het die skool vir Wêreldbiddag vir Vroue ‘n dag vir dames aangebied. Leandri was een van die sprekers en sy ‘n brief geskryf wat nie net ‘n paar leerlinge nie, maar ook ‘n paar dames in trane gehad het.

Leandri, ek wil net vir jou sê dankie. Dankie vir die impak wat jy nie net op Anike se lewe gehad het nie, maar ook op ons s’n. Dankie dat jy deur al die jare gereeld met tannie Susan kontak gehou het. Julle plaaskuiers was haar lewe! Jy besef dit dalk nie, maar jou omgee het haar deur baie moeilike tye gedra. Dankie vir jou vriendskap met Anike. Ek is seker toe jy die brief geskryf het, was die gedagte aan ‘n eens kosbare vriendskap soos ‘n goue draad  ingeweef. Ons wéét, ons verlang ook na haar. Bly altyd spesiaal. Baie liefde, tannie Andorize, tannie Susan en oom Rudolf. X

‘n Brief aan elke vrou, geskryf deur Leandri de Wet.

Daar gaan dae wees wanneer jy jou kop gaan laat sak en jou trane op die vloer sien val. Dit gaan pyn, dit gaan ruk aan die dele van jou hart en siel wat die heel kwesbaarste is. Die dele wat jy gewoonlik vermy en toegebou het. Die dele wat jy die liefste het, en die bangste voor is. Die dele wat liefde dra. Ou liefde, nuwe liefde, verlore liefde.

Daar gaan dae wees wanneer jy jou kroon gaan laat val en nou en dan ‘n dag wat jy jou kroon gaan gooi! Jy gaan dae ervaar wanneer mascarra ‘n mors van tyd was en jou lipstick op natgehuilde tissues sal beland. Jy gaan ook dae hê wat jou favourite jeans nie meer gaan pas nie en jou go-to toppie in jou kas ‘n back-up lap word. Net omdat sekere dinge tydelik is, beteken nie dit was enigsins minder poëties en waardevol nie.

En dan gaan daar ‘n dag kom wat jy besef dis okay. Dis okay om nie elke dag alles bymekaar te hê nie. Dis okay om te val. Dis okay om kwaad te wees en pyn te voel en dis okay om vrae te vra. Hierdie dag bring groei vir jou siel. Hierdie dag bring verandering. Karakter. Hierdie dag bring genesing saam met die seer. Hierdie dag bring die vorm van jou hart.

Aanvaar die lewe met al sy goeie dae, al sy slegter dae en al sy in-betweens. Embrace the glorious mess that you are! Of jy dit nou in designer heels doen en of jy twee verskillende sokkies aan het soos ek… Jy is alles werd! Jy is geluk werd. Jy is liefde werd! Jy is ‘n prins werd. Jy is die held in die storie werd! Jy verdien die wêreld! Jy is ‘n meesterstuk. Jy is vrou. Jy is nodig.

Pas jouself op, mooiste vrou,
Die wêreld is ‘n mooier plek as gevolg van jou ♡

Pa’s en dogters

Geen dogter behoort haar pa te smeek om deel van haar lewe te wees nie. Vaderlike liefde is nie veronderstel om perke te hê nie want vir ‘n dogter is en bly haar pa altyd haar eerste liefde.

Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog

Elke verhouding in die gesin het sy eie plek en belangrikheid, en iemand het een keer gesê dat God heel eerste vir Adam en Eva geskep het, ‘n gesin, en nié ‘n Raad van Direkteure nie.

Omdat die verhouding tussen die pa en sy dogter nou ter sprake was by die Google soekenjin, is dít waaroor ek wil skryf.

Pa’s julle is nie net die voorsieners wat moet sorg dat daar geld in die huis is nie, julle het ‘n baie prominente doel in die huis. Julle is die hoof van die huis, die vaders in die huis, en as julle daardie rol met liefde vervul en julle vaderskap in liefde uitoefen, sonder om iemand soos ‘n vloerlap te laat voel, baat elke persoon in die huis daarby. Jy inkluis.

Pa, jy is die een wat jou dogter leer hoe ‘n man eendag teenoor haar sal moet optree. Jy leer…

View original post 334 more words

Die groot “A”

AFTREDE.

Die rede hoekom hierdie onderwerp juis nou op my hart lê is omdat my en Riaan se ouers binnekort gaan wegtrek vir hulle aftrede; sy ouers Pretoria toe en myne Gouritsmond toe. Dis ver na albei kante toe. Aan die een kant is dit hartseer want dis lekker om ons ouers naby te hê, maar aan die anderkant is ons ook bly vir hulle want dis vir hulle ‘n nuwe hoofstuk in hulle lewens – en in ons s’n.

Kan kinders bekommerd wees oor hulle ouers? Natuurlik ja. Ek was bekommerd oor my ma-hulle, want anders as Riaan se ouers, trek hulle na ‘n stuk grond toe waar die huis nog gebou moet word…. En hulle trek oor twee weke, 22 Maart om presies te wees. Riaan en my stiefpa het klaar die donkies gevat (Braampie en Junior).

Die res van die gediertes trek oor twee weke saam (die budgies en hoenders; die kwakkers, kolgans, en kopereende; die potbelly vark, die hanskalf en hanslam; plus die vier honde!). So, die diere is half en half uitgesorteer, maar my ma-hulle gaan vir tyd en wyl in ‘n karavaan op die grond self moet bly terwyl die huis gebou gaan word.

Ek het aanvanklik my bedenkinge gehad. My ma word 70 die jaar en wie wil op daardie ouderdom nou gaan sit en sukkel met ‘n huisbouery en kampeer-leefstyl? Nie my ma nie. Alhoewel hulle in ‘n groot en luukse karavaan gaan bly, is sy nie ‘n kampeerder nie; en sy hou nie van sukkel nie. Vir haar gaan dit ‘n groot aanpassing wees; en soos met enige huisbouery is daar mos altyd vlieë in die salf en daar gebeur altyd dinge wat ‘n mens se planne laat dwars foeter.

Nietemin, ek het op die punt gekom waar ek vrede gemaak het met die idee en ek het net besluit dat, as my ma gelukkig is, en as sy vooruitsigte het, en as sy in haar elemente is oor hierdie skuif, wie is ek om te protesteer? Ek gun hierdie stukkie hemel vir haar, want sy het al swaar genoeg gekry in haar lewe. As daar iemand is vir wie ek dit gun, dan is dit sy. So Ma, ek is saam met Ma opgewonde en bly oor die nuwe begin op Plattebos. As dit die plek is waar Ma se siel gaan rus vind, dan berus ek my daarby.

Riaan se ouers is tans besig om vir hulle ‘n plekkie te soek in die stad. Hulle wil graag terugkeer na hul “roots”, waar die familie en naasbestaandes is; en waar Christa se graf is (Riaan se sussie wat twee jaar gelede aan Lupis oorlede is). As alles goed afloop behoort hulle ook binnekort te verhuis.

Maar op ‘n meer ernstige noot (en ek besef baie goed ek skryf hier as ‘n leek in die gebied), maar as werk die medium of platform is waar ons ‘n verskil kan maak, hoe moet ons na die konsep van aftrede kyk? Ons leef in ‘n kultuur wat die idee bevorder dat aftrede ‘n manier is om te onttrek van jou daaglikse arbeid sodat jy die lewe ten volle kan gaan geniet – sonder enige verantwoordelikheid of verpligting. Dus die mentaliteit van, ‘Ek kan doen wat ek wil en wanneer ek wil, dis my beloning na jare se harde werk‘.

Ek weet egter nie van enige een in die Bybel wat formeel ‘afgetree’ het behalwe die Levitiese priesters nie. In Numeri 8:23-25 sê God vir Moses dat die Leviete van die ouderdom van 25 af in die tabernakel moet werk; en na 50 moet hulle ophou. Dan mag hulle nie langer in die tabernakel werk nie. Maar dit stop nie daar nie. Hierdie afgetrede priesters het nie net opgepak en op die strande van Tel Aviv gaan leeglê nie. Al mag hulle nie langer in die tabernakel gewerk het nie, moes hulle raadgewers en adviseurs vir die jonger Leviete gewees het. Verder in die Bybel lees ons net van mense wat hulle lewens lank gewerk het tot die dag van hul dood.

Tree ‘n kind van God ooit af, of uit, sy of haar diensbaarheid vir God? Stellig nie. Terwyl mense van een seisoen na die volgende beweeg tydens aftrede, roep God hul steeds om te bly groei en om hul gawes en talente tot Sy beskikking te stel. Vir Christene moet aftrede ‘n tyd van nuwe en toenemende geleenthede wees om aan God diensbaar – en beskikbaar en gewillig vir diens – te bly.

Elkeen van ons moet besluit hoe ons die tyd uitkoop wat God vir ons gee. “Wees dus baie versigtig hoe julle lewe. Moenie soos dwase mense leef nie, leef wys!” vermaan Paulus. Gebruik elke geleentheid om die Here te dien. Vir baie mense bied aftrede nuwe geleenthede vir werk; hetsy dit betaald of onbetaald is…. Om iewers as ‘n vrywillige helper in te skakel; om in ‘n gebedsbediening te dien; om aan te hou as orreliste of om Sondagskool te onderrig; om aan te hou skryf aan jou blog of jou boek; om kinders op te pas of bejaardes te versorg; om ‘n besigheid te bedryf….. Over geset synde, daar lê ‘n inherente waardigheid in werk; en God roep ons om in Sy wingerde te arbei tot die dag wanneer Hy ons na ons hemelse huis toe roep.

So, aan my ouers en Riaan se ouers wil ek graag die volgende sê: Mag julle hierdie nuwe fase ingaan en die beste geniet wat die lewe vir julle bied. Mag julle altyd onthou dat julle nie uit julleself nie, maar alleen deur die Here se genade tot hier gekom het. Bly produktief. Bly getrou aan die roeping wat God vir julle gegee het. Hou aan om die goeie te doen. Moet nooit ophou om vir die Here te leef nie sodat julle ook soos Paulus aan die einde van jul lewenspad sal kan sê: “Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voltooi; ek het die geloof behou”.

Xxx

Sterreprag

Sjoe, wat ‘n besige tyd! Busy busy busy! In Kathu vir ‘n kursus, die naweek plaastoe, Saterdag Kimberley toe saam met Ma, en werk tussenin. Mens se liggaam raak moeg, en ek is darem ook nou nie meer gister se kind nie. Liggaamlik en verstandelik raak ‘n mens soms moeg en tam, maar die vrede wat alle verstand te bowe gaan, is blywend…. En ek het dit een aand in Kathu tasbaar ervaar toe ek na ‘n tawwe dag op die bankie buitekant die hotel gaan sit het. Toe ek opkyk, toe sien ek die mooiste sterrehemel raak. Wég die gedagte van moegheid en tamheid. Ek het vir baie lank net stilgesit en gestaar…. En die eerste gedagte wat by my opgekom het:

O Heer my God, as ek in eerbied wonder en al U werke elke dag aanskou. Die son en maan, die aarde, sterre, wolke, hoe U dit elke dag so onderhou. Dan moet ek juig….

God se handewerk gee ‘n mens ‘n ondeurgrondelike blydskap. Daar is nie woorde om dit te beskryf nie. Ek het iewers gelees dat die aandster altyd met miswolke bedek is, en dat dit die lig is wat op die mis skyn, wat dit so mooi laat lyk.

Is dit nie ook waar van ons nie? Soms sak die miswolke ook op ons toe en omvou ons van alle kante, maar wanneer die son van God se liefde oor ons skyn, maak dit nie saak nie want dan verander ons miswolke in sterreprag.

My dogters, julle is ook my sterreprag blydskap en ek bid dat julle soos aand en oggendsterre in hierdie donker wêreld sal skyn.

Is dit nie ‘ n wonderlike gedagte nie, dat my dogters ook dieselfde maan en dieselfde sterrehemel as ek raaksien? Selfs die mense in die Bybel se tyd en die Here Jesus self het na dieselfde sterre gekyk waarna ek en jy ook kyk!

En nog ‘n wonderlike gedagte is dat sterre heeldag skyn. Soos wat hulle snags bo ons koppe verby beweeg, so ook bedags. Ons sien hulle egter eers as dit donker raak….

En hierin lê nog ‘n onbeskryflike wonder, maar dit moet elkeen van ons vir onsself ontdek.

Xxx

20180301_181831