Pragtige berymings

Kyk, ek gee nie om wat mense sê oor Psalms en Gesange nie, dit bevat van die mooiste berymings denkbaar en dit bring die mees opregte gebede voort. Ek lééf vir my musiek en ek is so bevoorreg om diensbaar te kan wees met die musiektalent wat die Here vir my gegee het. Ek het al in verskeie denominasies gedien, van evangelies tot charismaties tot gereformeerd, en ek het op ‘n jong ouderdom van 9 met begeleiding begin. So ek het ‘n liefde en passie vir geestelike en gewyde musiek en dit grief my as mense met die sing van Psalms en Gesange spot; want uiteindelik gaan dit nie oor die tipe musiek nie maar die gesindheid waarmee jy sing. God deursoek en toets die hart van ‘n mens.

As ek saans buite is en my tuintjie natmaak….

U gee die plan en energie; die kleinste saadjie laat U ontkiem – vir alles sorg U, Vader. U laat ons droom, beplan en spit; U leer ons wag; U leer ons bid. Ons leef uit U genade. U maak ons dankbaar, vrolik, bly – met sorg is lande voorberei wat nou hul opbrengs lewer. Die plante, elkeen na sy soort, bring blom en vrug en sade voort. Ons eer U, goeie Gewer. #Ges.248

Vir ons kinders:

Here Jesus, U alleen kan ons kindertjies só seën dat ons in ons harte weet U sal hulle nooit vergeet. #Ges116

Heer, ons bid dat elke kind U sal dien solank hy lewe en ook altyd ondervind dat U goed is en vergewe. O, ons smeek U, troue Herder, lei ons met ons kinders verder. #Ges.111

Vir ons land:

Gee U steeds vryheid in ons land aan elke onderdaan; gee ware vryheid uit U hand om Satan te weerstaan. #Ges.106

En die regering:

Lei, Vors van vrede, op U weg húl wat oor ons regeer, dat hul met insig en met reg U opdrag hier hanteer – gelei deur U, bewaar deur U, getroue Opperheer. #Ges.107

In nood:

Ek roep tot God met groot geluid; ek stort my klag soos water uit; ek kla my node in Gods oor, want Hy sal my gebed verhoor. #Ps.142

Oor ons menslike teëstanders:

Aanstigters van die leuenwerk, wat steun op lis en slinkstaal – mag die vergelding, vol en sterk, nou op hul hoofde neerdaal. Werp vuurge kole op hul af, laat vlamme om hulle lende slaan; ‘n diepe kuil – maak dit hul graf waaruit hul nooit weer op sal staan! #Ps.140

En soos dit nou skemer begin raak hier en ek in die kombuis gaan besig raak; en ek dink aan my dogters wat ver is, en aan my ma se naderende oogoperasie, en die onderhoud wat Maandag voorlê….

Dis stil hier in die skemer asof die goeie Gewer ‘n kleed oor alles sprei. Ek self word nou ook rustig, wil my in God verlustig – ek kan my in Sy sorg verbly. #Ges.351

Neem my ouers, kinders*, vriende in bewaring hierdie nag. Môre dank ons U vir goedheid – gawe van ‘n nuwe dag. #Ges.354 (*self ingevoeg)

praising-740x493

Xxx

Advertisements

13 thoughts on “Pragtige berymings

    • Dis daai tipe woorde wat diep deur jou hart sny. Ek onthou toe ek klein was, toe het my pa vir my ‘n halleluja boek gekoop vir klavierspel, met al die ou hallelujaliedjies in (wens ek kan weet waar om weer so ‘n boek te kry!). Een lied onthou ek spesifiek, ek onthou ek moes dit op moedersdag in die kerk speel. Tot vandag toe onthou ek die woorde, so ‘n diep inslag het dit gemaak. Toe ek nou jou kommentaar lees toe kom dit by my op, dalk ken jy dit ook?

      Dikwels kniel my moeder eensaam in ons huisie by haar bed
      En dan bid sy dat die Heer my siel moet red
      En dan pleit sy daar by Jesus as sy dink sy is alleen
      Maar ek hoor sy noem my naam in haar gebed

      Liked by 1 person

  1. Andorize, wat ‘ n mooi skrywe jy wat op die harde manier geleer het dat God se genade werklik waar is. Jou lewe kon soveel anders uitgedraai het – maar elke meer wat ek iets van jou lees vang ek God se genade daarin vas – jy is beslis die “appel van Sy oog”, moet asb nooit ooit toelaat dat die vyand jou iets anders wil kom vertel nie want ek kan nou vir jou sê dit sal ‘n leuen wees 🤗🤗🤗

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s