Die seën en vreugdes van werk

Ek is geseën met ‘n goeie werk. Toe ek in Augustus 2016 hier begin het, was ek in die diep kant gegooi. Alles en almal was vreemd en dit het my ongeveer 6 maande geneem om alles onder die knie te kry (dankie tog vir 6 maande probasies!) Iemand het eendag ‘n opmerking gemaak dat ek gelukkig was omdat ek as ‘n blanke vrou toegelaat was, al is dit net op kontrak basis. Maar ek dink nie ek was “gelukkig” nie, ek sien myself as geseënd: Geseënd omdat ek die regte mense op die regte tyd en op die regte plek leer ken het; geseënd met talente en vermoëns wat my in staat stel om die werk te kan doen; geseënd met ‘n gesonde verstand om elke dag meer te kan leer en om verder te kan studeer; geseënd omdat my werknemers en kollegas my regverdig behandel en respekteer.

Elke een van hulle, in hul uniekheid, is ‘n bron van inspirasie en ondersteuning. ‘n Mens werk nie vir eer en erkenning nie, tog is dit belonend wanneer jou harde werk raakgesien word….

….of wanneer jy onthou word in die feesgety wanneer almal met verlof gaan en jy deel is van die skeleton span wat oor vakansietyd werk.

DSC_0001_5

Hoog en laag, ek is geseënd omdat ek nie net maai nie, maar ook kan saai. Nie omdat ek dit enigsins verdien nie, maar alleen uit genade en guns van Bo.

Mag jy ook in die ongeveer 86400 sekondes van elke dag besef hoe geseënd jy is!

Xxx

 

 

Advertisements

7 thoughts on “Die seën en vreugdes van werk

  1. Ek is mal oor hierdie bloginskrywing. Ja, ons is gelukkig omdat ons sekere geleenthede kry, ja ons is geseënd omdat ons sekere vaardighede het, maar ons is ook geseënd met ‘n werkslus en etiek om ons beste te lewer waar ons ookal geplant word.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s