Teologie om middernag

Sou dit nie nice gewees het as ons die draaiboek van ons lewens vooruit kon lees nie? Ons sou van alles geweet het wat nog moet gebeur – elke krisis, elke verandering, elke blydskap en elke hartseer. Ons sou nooit onkant gevang gewees het nie!

Awesome né.

Toe lees ek van Paulus en Silas wat in die tronk was. Hulle het nie geweet dat hulle ‘n martelaarsbestaan sou voer nie. Ook nie van die aardbewing wat sou kom en bydra tot hulle vrylating nie. Ook nie van die tronkbewaarder en sy gesin wat tot bekering sou kom nie. Sover dit hulle kennis gestrek het moes hulle seker die ergste verwag het terwyl hulle daar in die tronk in boeie gesit het. Niemand het vir hulle gesê wat sou gebeur het nie….

En toe tref dit my: Die twee manne het begin bid en sing. In boeie. In die tronk. Bebloed en half bewusteloos geslaan. Haglike omstandighede. Het hulle kos en water gehad? Het die mense vir hulle gelag en met hulle gespot? Ek neem so aan, ek kan my nie in hulle posisie indink nie, maar waaroor kla en murmureer ek nou weer??

“En omtrent middernag het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing….” Hand 16:25

Hierdie manne het nie gebid en gesing in die prospek van ‘n groot wonderwerk nie. Hulle het eenvoudig net gedoen wat hulle gedoen het onder aaklige omstandighede en ‘n baie moeilike situasie. Hulle het tot eer van God gesing. Dit.Is.Wow. In die tronk, om middernag, het twee manne hulle teologie ontdek wat daartoe gelei het dat hulle onder omstandighede kon bid en sing. Dit het hulle deur die donker nag gedra. Dit was hulle behoud.

Nou vir diegene wat kan identifiseer met slapelose nagte; nagte van probeer om bid en jou kussing sopnat huil, sal saam met my stem dat dit dít is wat met ons ook gebeur: ons ontdek ons teologie in middernagtelike ure. Tot dan is alles bloot teoreties. As donker tye aanbreek, en lang donker nagte, ontdek jy die verskil tussen teorie en realiteit. Dan kom jou ware teologie ter sprake. Wat ‘n mens normaalweg nie sou ontdek het sonder middernagervarings nie. Want dis in daardie oomblik wat geen selfhelpboek of dagboekinskrywing of Facebook of Twitter plasing vir jou die regte antwoord kan gee en vir jou kan sê wat om te doen nie. Dis nie in staat om ‘n lied van lofprysing in jou hart te plaas nie. Dis in daardie oomblik, daardie eensame oomblik, wanneer jy jou teologie ontdek. Jy ontdek die waarheid van wat jy werklik glo.

Wanneer tragedie ons tref, ons lewens inmekaar tuimel, ons planne skipbreuk ly; wanneer ons in ‘n plek of posisie is waar ons nie wil wees nie, DAN ontdek ons werklik wat ons glo. Solank as alles goedgaan, fokus mens nie regtig op die dinge wat jy glo nie. Dis iewers in jou agterkop maar jy is nie altyd ingestel daarop nie. Dis alles teoreties. Terloops, Paulus was ook dinamies. As voormalige Fariseër het hy breedvoerige teoretiese kennis gehad en jare se ervaring van sistematiese teologie, Hebreeus, Grieks, die kerk, rituele…. Hy was uitgesproke en baie beslis in sy oortuigings en opinies. Hy het die status quo van sy tyd gereeld uitgedaag; ‘n man met ‘n visie, ‘n bondel vuur van optimisme. Niks hiervan het hom gehelp toe hy in boeie in ‘n koue en donker tronksel gegooi was nie. Ja, enige iemand kan sing “Prys die Heer met blye galme” as dit goedgaan en daar is genoeg geld in die bank, en jou huwelik is stabiel, en jy is gelukkig in jou werk en kerk…. Maar as jy saam met Paulus en Silas om middernag in die tronk kan sing as jy NIKS het nie, en dit glad nie met jou goedgaan nie, dan ontdek jy jou teologie en dan is dit eg.

Die vraag is: Is God vir ons genoeg, of is Hy nie? Glo ons aan Sy soewereiniteit en dat niks per toeval gebeur nie? Glo ons in ‘n God wat selfs die hare op ons hoof tel; ‘n Hoër Hand wat in ons lewens aan die werk is en van oomblik tot oomblik lei tot waar ons veronderstel is om te wees, al maak dit nie sin nie en is ons clueless?

Hierin skiet ek ver tekort, maar ek troos my hieraan:

If God is finished with me, nothing else can save me. If He is not finished with me, nothing can touch me. Ek dink ek het Hom genoeg rede gegee om NIE klaar te wees met my nie!

Xxx

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s