Ebenhaeser

“Tot hiertoe het die Here ons gehelp.” 1 Sam 7:12

Seker een van die grootste gebeurtenisse in die Bybel. God se volk het herlewing nodig gehad. Hulle het nodig gehad om hul trou tot God te hernuwe.

Ma Sel 20171231_144246

Vandag is die herdenking van my geboortedag, en die gedagte van Ebenhaeser was nog nooit persoonlik vir my so duidelik soos nou nie. Dit kon nie op ‘n beter tyd gekom het nie. Ek het vanoggend wakker geword met hierdie één enkele woord: Ebenhaeser. Wat ‘n gepaste tyd! Net soos die volk herlewing nodig gehad het, so het ons ook herlewing nodig; tyd om van ons afgode en valse gode af te staan, en terug te draai na die Een ware God.

Sal Ú ons nie weer lewend maak, sodat u volk in U bly kan wees nie?
Ps 85:6

Tyd om weer by ons geestelike Mispa uit te kom en onsself opnuut aan God toe te wy. Tyd om skoon te maak, op te kyk, en met ons hele hart na Hom te keer. Tyd vir ‘n nuwe begin. Sit weg die mislukkings, teleurstellings, sonde, hartseer van die verlede. Waar ons met trane gesaai het, sal ons met gejubel maai. Want tot hiertoe het God ons gebring. Sal Hy ook dan nie verder met ons wees en ons lot verander soos strome in die woestyn nie?

31 Desember 1974 – 31 Desember 2017: Hier, vandag, rig ek my Ebenhaeser op.

0e6522415_1504196516_ebenezer-stone

Xxx

Advertisements

Teologie om middernag

Sou dit nie nice gewees het as ons die draaiboek van ons lewens vooruit kon lees nie? Ons sou van alles geweet het wat nog moet gebeur – elke krisis, elke verandering, elke blydskap en elke hartseer. Ons sou nooit onkant gevang gewees het nie!

Awesome né.

Toe lees ek van Paulus en Silas wat in die tronk was. Hulle het nie geweet dat hulle ‘n martelaarsbestaan sou voer nie. Ook nie van die aardbewing wat sou kom en bydra tot hulle vrylating nie. Ook nie van die tronkbewaarder en sy gesin wat tot bekering sou kom nie. Sover dit hulle kennis gestrek het moes hulle seker die ergste verwag het terwyl hulle daar in die tronk in boeie gesit het. Niemand het vir hulle gesê wat sou gebeur het nie….

En toe tref dit my: Die twee manne het begin bid en sing. In boeie. In die tronk. Bebloed en half bewusteloos geslaan. Haglike omstandighede. Het hulle kos en water gehad? Het die mense vir hulle gelag en met hulle gespot? Ek neem so aan, ek kan my nie in hulle posisie indink nie, maar waaroor kla en murmureer ek nou weer??

“En omtrent middernag het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing….” Hand 16:25

Hierdie manne het nie gebid en gesing in die prospek van ‘n groot wonderwerk nie. Hulle het eenvoudig net gedoen wat hulle gedoen het onder aaklige omstandighede en ‘n baie moeilike situasie. Hulle het tot eer van God gesing. Dit.Is.Wow. In die tronk, om middernag, het twee manne hulle teologie ontdek wat daartoe gelei het dat hulle onder omstandighede kon bid en sing. Dit het hulle deur die donker nag gedra. Dit was hulle behoud.

Nou vir diegene wat kan identifiseer met slapelose nagte; nagte van probeer om bid en jou kussing sopnat huil, sal saam met my stem dat dit dít is wat met ons ook gebeur: ons ontdek ons teologie in middernagtelike ure. Tot dan is alles bloot teoreties. As donker tye aanbreek, en lang donker nagte, ontdek jy die verskil tussen teorie en realiteit. Dan kom jou ware teologie ter sprake. Wat ‘n mens normaalweg nie sou ontdek het sonder middernagervarings nie. Want dis in daardie oomblik wat geen selfhelpboek of dagboekinskrywing of Facebook of Twitter plasing vir jou die regte antwoord kan gee en vir jou kan sê wat om te doen nie. Dis nie in staat om ‘n lied van lofprysing in jou hart te plaas nie. Dis in daardie oomblik, daardie eensame oomblik, wanneer jy jou teologie ontdek. Jy ontdek die waarheid van wat jy werklik glo.

Wanneer tragedie ons tref, ons lewens inmekaar tuimel, ons planne skipbreuk ly; wanneer ons in ‘n plek of posisie is waar ons nie wil wees nie, DAN ontdek ons werklik wat ons glo. Solank as alles goedgaan, fokus mens nie regtig op die dinge wat jy glo nie. Dis iewers in jou agterkop maar jy is nie altyd ingestel daarop nie. Dis alles teoreties. Terloops, Paulus was ook dinamies. As voormalige Fariseër het hy breedvoerige teoretiese kennis gehad en jare se ervaring van sistematiese teologie, Hebreeus, Grieks, die kerk, rituele…. Hy was uitgesproke en baie beslis in sy oortuigings en opinies. Hy het die status quo van sy tyd gereeld uitgedaag; ‘n man met ‘n visie, ‘n bondel vuur van optimisme. Niks hiervan het hom gehelp toe hy in boeie in ‘n koue en donker tronksel gegooi was nie. Ja, enige iemand kan sing “Prys die Heer met blye galme” as dit goedgaan en daar is genoeg geld in die bank, en jou huwelik is stabiel, en jy is gelukkig in jou werk en kerk…. Maar as jy saam met Paulus en Silas om middernag in die tronk kan sing as jy NIKS het nie, en dit glad nie met jou goedgaan nie, dan ontdek jy jou teologie en dan is dit eg.

Die vraag is: Is God vir ons genoeg, of is Hy nie? Glo ons aan Sy soewereiniteit en dat niks per toeval gebeur nie? Glo ons in ‘n God wat selfs die hare op ons hoof tel; ‘n Hoër Hand wat in ons lewens aan die werk is en van oomblik tot oomblik lei tot waar ons veronderstel is om te wees, al maak dit nie sin nie en is ons clueless?

Hierin skiet ek ver tekort, maar ek troos my hieraan:

If God is finished with me, nothing else can save me. If He is not finished with me, nothing can touch me. Ek dink ek het Hom genoeg rede gegee om NIE klaar te wees met my nie!

Xxx

 

Grondpad…

….wat ek nooit ooit sal wil oor stap nie. Ja, daar was dae wat ek die mooiste view gehad het en dan was daar dae wat ek kaalvoet oor die klippies moes hardloop om net op n beter plek te kom as gister… soms op my knieë geval omdat ek net nie kans gesien het om verder te loop nie. Dan was daar dae waar ek rustig kon loop sonder omkyk of omdraai. Ek het wel die mooiste blommetjies in die veld gepluk wat saam my gereis het, van hulle het ek oppad verloor maar dis okay… dan was daar dorings wat my vele kere gesteek het dat ek vir dae net nie meer kon loop nie… maar dis ook okay… Dit was n lang pad, soms sonder water, soms sonder suurstof, soms met geskeurde skoene maar dit was n goeie pad… iets geleer? Absoluut .. dat niemand die pad vir jou kan stap nie maar wel net saam jou, dat niemand jou gelukkig kan maak as jy nie self gelukkig is nie, dat niemand jou tas vir jou gaan sorteer nie, dat min mense jou enduit gaan help, dat beloftes soms leë woorde is, dat opgee nooit n opsie is nie, dat mens soms moet sit en rustig word en dankie sê… dat daar altyd iemand sal wees wat in die middel van jou reis sal staan omdat hulle dit nie vir jou gun nie… dat mens net die beste weergawe van jouself kan wees en om nooit jou moed te verloor in iets wat mens regtig wil bereik nie. Tot hier het ek dit gemaak, as ek hierdie jaar in perspektief moes verstaan sal dit moeilik wees om te verduidelik. Van struikel, opstaan en aangaan… het ek soveel geleer van myself en van hierdie wêreld waarmee ons elke dag te doen kry. Daar was goed en sleg maar ek sien uit na die nuwe grondpad wat voorlê. Dankie aan al die blommetjies wat saam my dit enduit gemaak het, elkeen van julle het julle eie kleure, reuk en vorm gehad en so het ek by elkeen iets geleer. Wat nou voorle weet nie ek of jy nie, maar wat ek wel weet is dat ek beter skoene moet kry, ‘n groter rugsak, meer water en soveel meer suurstof om my nuwe roete aan te pak… Veilig reis, wees lief vir mekaar, help mekaar, droom saam, lag saam en maak tyd vir alles en mekaar. Vir jou… Dankie vir die deeltjie plesier en stukkie hart wat ek saam op my reis deur 2017 kon dra… Mag die Here elkeen van ons soos altyd lei op die onbekende pad van 2018 en mag ons nooit vergeet van Sy groot genade nie. Mooi week en mooiloop die laaste gedeelte van 2017.

Xxx

**Dankie oom Hans Haggard van die APK**

Geseënde Kersfees

Aan my dogters, waar julle jul ook al mag bevind, dit is my wens en gebed dat julle ‘n geseënde dag gehad het. Julle is elke oomblik in my gedagtes. Mag Jesus Sy vreugde in julle harte laat herleef en julle vul met oorvloedige blydskap en seën. Al is Kersfees nie meer Kersfees sonder julle nie, troos ek my daaraan dat julle gelukkig en gesond is, en dat God elke tree saam met julle is en julle beskut onder Sy ewige vleuels.

Dankie Mams, vir die heerlike kuier en ete vandag. Dit was, soos altyd, uit die boeke! Volgende Kersfees, as die Here ons spaar, vier ons saam Kersfees by jul nuwe woning by die see, jippie!

Vir al my blogmaats wil ek graag ‘n geseënde Kersfees toewens. Baie dankie vir julle pragtige skrywes, wat my deur elke dag en elke bui en al die vrae dra. Julle lê my baie na aan die hart en dit is my gebed dat God se liefde en krag julle sal omvou en deurdring.

kersfeesweb

Xxx

Mens sana in corpore sano

“In a sound body rests a sound mind.”

So sê die wyses, en dis sooooo waar. Ek staan elke oggend half vyf op om vyfuur te gaan oefen. Elke aand voor slapenstyd spandeer ek tyd om my program vir die volgende dag uit te werk. Ek lééf daarvoor!

My voorkoms is vir my belangrik en hoe ouer mens word hoe moeiliker word dit om in “shape” te bly. Die lewe na 40 is nie vir sissies nie! Daarom glo ek dat ‘n mens se liggaam op een of ander wonderbaarlike wyse aan jou siel en verstand gekoppel is. As jy na jou liggaam kyk, is jou verstand ook helder en gesond.

Ek besef dit gaan lank vat om my doelwit te bereik, maar dit maak nie saak nie. Ek het nie ‘n wenstreep wat ek najaag nie, ek het ‘n leefstyl om te handhaaf.

Ons is gevoelsmense en ons kan nie goed doen as ons nie goed voel nie. Om tyd te maak vir jouself weg van die werk en weg van die gejaagdheid en weg van jou daaglikse roetine om op jouself te fokus is nie selfsugtig en selfgesentreerd nie. Dis absoluut essensieël, glo ek, en nooit ‘n mors van tyd en energie nie. Nooit! As my dag nie begin met fisiese oefeninge nie, kan ek maar weet ek gaan beneuk wees en minder produktief, minder kreatief en minder dinamies. Moenie my vra hoekom nie, dit is net so.

Elke mens het sy eie aktiwiteite en goedvoel resep, maak nie saak wat nie. Jy werk daarvoor. Verander jou leefstyl daarvoor. Jou eetgewoontes. Jy sweet daarvoor. Baie trane en sweet! Maar DIT IS DIE MOEITE WERD.

Ja, daar sal altyd mense wees wat gaan opmerkings maak. Mense by die werk het al vir my gesê ek is mal om so vroeg op te staan en dit om te gaan gim. “Vir wat?” vra hulle en kyk jou op en af asof jy van ‘n ander planeet af kom. Weet jy skat, ek mag mal wees, maar ek pluk die vrugte. En as ek die storie so kyk dan  lyk dit of jy ook kan doen met ‘n bietjie oefen!

Ek gaan gim toe want vir my is dit ‘n ontsnapping van ‘n besige roetine. Dis my “sanity” waar ek werk om nie net fisies sterk te word nie, maar ook geestelik en verstandelik.

Soos die NIKE advertensie sê: Just do it!

905af0379e93810ec1486338469b6e3e--inspirational-quotes-motivation-fitness-inspiration-workout-quotes-inspirational

Vergewe jouself

Laaste op die lys, die moeilikste: FORGIVE YOURSELF FOR YESTERDAY’S MISTAKES…. Is ek die enigste een wat hiermee worstel?? Elanè het gesê ek is te hard op myself, en sy is reg. Ek is. BAIE. Self-krities. Oor foute van nou, en foute van gister en al die gisters voor dit. Oor verlore en verspeelde geleenthede. Oor vertroue in mense wat my verkeerde raad gegee het. Oor vertroue in my eie stupid intuïsie. Ek het nie van beter geweet nie, maar ek doen nou. Die lesse was nodig, ek moes eerstehands leer.

Vergewe jouself bo alles. Hou op om negatiewe dinge oor en oor in jou gedagtes af te speel. Jy word ‘n gevangene van jou verlede deur gedurig jou foute te herleef en jouself te kasty daaroor. Hou op om jouself te verwyt oor wat moes en kon gewees het. Laat los, laat gaan, beweeg aan.

how-to-forgive-yourself-for-past-mistakes-5834-zmZjfXeW3ZOdzJdrV4Y!

Glimlag….vir geen rede

No. 4: SMILE FOR NO REASON.

Al ooit jouself gevang glimlag vir geen rede? Ek ook. Al baie. Dan kyk ek eers rond of iemand my sien en seker wonder of die vrou al haar varkies op hok het. Al agtergekom as jy glimlag dat dit mense om jou nuuskierig maak? Ag man, dis net lekker om te glimlag!

Daar is so baie dinge waaroor ons kan glimlag…. ‘n goeiemôre boodskap op ons selfone, ‘n lawwe gedagte wat by ons opkom, mooi herinneringe, die natuur, heerlike weer, ander mense wat glimlag….

Begin en eindig alles met ‘n glimlag, en hou die lied in die hart!

c1df9da6e68cedf17fe5d1e981e6011c

Haal DIEP asem

Derde op die lys van vyf dinge is TAKE A DEEP BREATH. Klink simpel, maar as jy soveel chaos in jou lewe het soos ek, dan raak dit naderhand normaal. Jy raak gewoond aan dit. Ek het al geleer om terug te staan, ontspan, kalmeer, diep asem te haal en probeer kyk hoe ek dinge kan maak werk eerder as om te loop en kla oor alles wat verkeerd loop.

Dus, wanneer jy frustreerd voel in ‘n situasie, haal diep asem en as dit nodig is, draai om en stap weg.

278f544b9c2d45c51c1a7d44e1c6ed8d--just-breathe-love-notes

Intensies – maak dit regtig saak?

Tweede op die lys van “5 things to do” is SET YOUR INTENTIONS.

Goeie intensies? Minder goeie intensies? Is daar nie ‘n spreekwoord wat sê die pad hel toe is uitgelê met die beste intensies nie?? As ons fokus op die kragtige, euforiese, magiese, sinkronistiese, mooi van die lewe, sal dit na ons kant toe kom? Ek weet nie, maar ek is hopeloos te sinies vir so ‘n siening. Dit klink te veel na lala land, so kom ons bly realisties.

Is dit die intensies wat saakmaak, of die aksies wat ons neem op daardie intensies? Ons is immers wat ons doen en sê, nie wat ons van plan is om te doen nie, nie waar nie?

So, aan die einde van die dag het ek gesit en net gebreinstorm en vir myself ‘n lysie gemaak. Niks fancy of uitspattig nie, en intensies is nie ‘n once off ding nie. Mens word elke dag met intensies wakker, maar hier is ‘n paar wat ek dink ek onder die top tien van my daaglikse intensies sal plaas:

  1. Wees JOUSELF.
  2. Moenie alles oordink nie.
  3. Wees altyd bereid om jouself te verbeter asook die lewens vir ander makliker te maak.
  4. Moenie so gou moed opgee nie.
  5. GLO GLO GLO alles is moontlik.
  6. Werk hard.
  7. Gee sonder om terug te verwag.
  8. Dans op die musiek wat die lewe vir jou speel, al is dit nie jou smaak of voorkeur nie.
  9. Hou die lied in die hart!
  10. Moet nooit ophou bid en moed opgee met jou dogters nie.

9bd8037580d748648770877480949e68

Vyf dinge, vyf dae

My whatsapp profiel praat van “5 things to do before you get out of bed.” Ek wil egter nie al vyf dinge op een slag hanteer nie, maar eerder een vir een vat en daaroor dink. Elke dag is so ‘n gejaag dat tyd vir stil raak min is, maar ‘n mens moet ook leer om die tyd uit te koop vir dit wat goed is vir jou siel.

Die eerste gedagte is, EXPRESS GRATITUDE…. en vandag in die besonder is ek dankbaar vir hierdie geweldige belofte:

8873164c124167e611b50b857960cd42--bible-verses

Dis nie die moeite werd om terug te baklei in eie krag en eie insig nie. Party mense is net eenvoudig nie jou kommentaar werd nie.

Gee net oor. Surrender. Draai die ander wang.

Dankie Here, dat U by magte is om selfs die kwaad om te keer in iets wat goed is. Dankie dat my oorgee ‘n kragtige wapen in U hand is.

Xxx