Dit is wel

Ongelukkig het ek nie groen vingers soos my ma nie. In die verlede het plante by my gevrek en niks wou groei nie. Selfs die kaktusse het dit nie gemaak nie. So ‘n paar maande gelede het ek vir my ‘n paar klein huisplantjies aangeskaf en wonder bo wonder leef hulle nog! Ek het mos nou geen kind of kraai wat ek kan vertroetel of versorg nie, so die plantjies het op ‘n goeie tyd gekom. Nou is my ma besig om vir my groter potplante aan te ry van die plaas af, sy sê sy gaan nie met al haar plante see toe trek nie. Soos met mense se name is ek baie swak met plantname, so ek weet nie watter plant moet in die son en watter plant in die skaduwee moet staan nie. Ma het my gesê maar dit het by my uitgewaai. As ek sukkel sal ek maar ‘n foto neem en vir haar whatsapp dat sy instruksies kan gee. Ek is so opgewonde soos ‘n kind met nuwe speelgoed! Met my nuwe gieter en handskoene en tuingereedskap gaan ek net môre begin om aan my tuintjie te werk, en iets uit niks probeer maak. Ek voel dit net aan my dat die keer sal hulle oorleef. Alles sal okei wees….

….wat my laat dink aan wat Romeine 8:28 sê, dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is. Nie ‘n Polyanna-uitkyk op die lewe dat alles in die lewe “happy-go-lucky” gaan uitdraai vir ons onthalwe nie, maar dat Hy wat by magte is om alles te doen en vir wie niks onuitvoerbaar is nie, ook by my is – en by my dogters. Alles sal okei wees. Ten spyte van ons huidige situasie; watookal oor my pad en oor hulle lewenspad vorentoe mag kom – prys die Heer, dit is wel met my siel!

As vrede my pad deur die wêreld verlig
As smarte my dreig te verniel
Dan antwoord ek vry, watter lot my ook tref
Dit is wel, dit is wel met my siel!

Dit is wel, met my siel
Dit is wel, dit is wel
Met my siel

Hoe fel die besoeking, hoe Satan ook trag
Om my te vertrap met sy hiel
Steeds gryp ek weer moed, want my Heiland is daar
En Hy stort nuwe krag in my siel

Dit is wel, met my siel
Dit is wel, dit is wel
Met my siel

 

Advertisements

7 thoughts on “Dit is wel

  1. Die “dit is wel” laat my dink aan ‘n boodskap wat ek gehoor het van iemand betrokke by Straatwerk in Kaapstad wat met iemand prober prrat het oor die Here. Dit was in die begin van selfone en die persoon het sy selfoon uitgehaal en gevra can i phone him? Ek het toe maar gedink dat hierdie persoon se lied is: dit is wel met my sel…

    Mag dit wel met jou (en jou plantjies) wees.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s