Aan Anike op haar 17e verjaardag

My liefste dogter,

DSCN3891

Daar is so baie dinge wat ek graag vir jou wil hê,
So baie wense vir jou wat ek vir jou in my hart koester.
Ek bid vir jou vir trots in die wete waar jy vandaan kom,
En vrede in die wete wie jy nou is.
Ek bid vir jou vir krag vir elke uitdaging,
En wysheid om die regte besluite te neem.
Ek bid vir jou vir tevredenheid as jy jou doelwitte bereik,
En vir vergenoegdheid in die eenvoudiger dinge van die lewe.

Baie geluk met jou verjaarsdag! Mag jy altyd onthou hoe oneindig lief ek jou het, en dat jy ‘n pragtige en unieke persoon is. Ek is trots om jou my dogter te kan noem.
Ek onthou dat Psalm 1 altyd jou gunsteling psalm was om te lees, en dit is my gebed vir jou op hierdie dag. Mag dit altyd in jou hart en gedagtes vasgebind wees.

“Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie;
Maar sy behae is in die wet van die Here, en hy oordink sy wet dag en nag.
En hy sal wees soos ‘n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit.
So is die goddelose mense nie, maar soos kaf wat die wind verstrooi.
Daarom sal die goddelose nie bestaan in die oordeel en die sondaars in die vergadering van die regverdiges nie.
Want die Here ken die weg van die regverdiges, maar die weg van die goddelose sal vergaan.”

Love you to the moon and back,
Mamma xxx

Advertisements

7 thoughts on “Aan Anike op haar 17e verjaardag

  1. Jy praat in my hart in as jy van jou kinders praat. Jou leemte is so tasbaar en dit bring my altyd terug na Elaine se ma, het sy dieselfde emosie, waarom maak sy nie kontak nie want sy sal altyd welkom wees. My wonder Andorize ❤

    Liked by 1 person

      • Ek dink baie, baie, baie aan jou en bid ook tydig en ontydig vir jou. Ek kry rerig seer vir jou pyn want dit is net te naby aan my. Maar jy het die mooiste meisiekinders hierdie wereld ingebring, en ek glo jy sal eendag met hulle versoen raak. Jy is ‘n ma, en niks minder as ‘n fantastiese ma nie ongeag die km’s tussen jou en jou pragtige dogters. Ek glo hulle gaan eendag nog jou blog met al die liefde daarin lees…

        Liked by 1 person

      • Awwww dankie Elanè. Laat jy my nou lekker tjank! 😖 Wat dit beteken wanneer iemand jou pyn verstaan en beleef, is surreal. Ek hoop en glo saam met jou, dankie dat jy soos Aaron vir Moses ook my arms omhoog hou!

        Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s