Hoe bedryf jy menseverhoudings?

Wanneer dit by alledaagse menseverhoudings kom, wat vorm die basis van jou bedrystelsel? Hoe opereer jy?

My persoonlike bedryfstelsel werk so: Ek het nie ‘n saak wat ander mense van my dink of sê nie. Voorheen was ek ‘n glorified people’s pleaser. Vandag het ek my identiteit gevind in die vorm van ‘n siniese, apatiese kritikus. As mens dit te ver vat, kan die een kant so verkeerd wees soos die ander kant. Een lei na ‘n ongesonde trots en sin van onafhanklikheid…. die ander kant tot die gevolg dat jy mense aanhang en verafgod.

Paulus sê ons moet bedag wees daarop om eerbaar op te tree – voor God en voor mense1 so ‘n mens moet maar jou optrede teenoor ander evalueer en dink hoe ander jou optrede interpreteer.

Ons kry daagliks met situasies te doen waar ons teenkanting en opposisie ervaar. Situasies waar ons gemoedstoestand deur ander se optrede bepaal word. Ek het ‘n motto wat sê: “My reaction is based on how you treat me.” Maar ek vergeet dikwels dat ek ook kan seermaak en beledig en aanstoot gee.

Wanneer is ons té waaksaam?

Hoe keer ons dat ons nie soos robotte voortgedryf en gemotiveer word deur ander mense se eise, begeertes en persoonlike agendas nie?

Wanneer daag ons ander mense se optrede uit in plaas van om op eiers rondom hulle te loop?

Die antwoorde op hierdie vrae verg ongelooflike wysheid, en die wyse Salomo het geskryf:

“Moenie dat jy tekort skiet aan liefde en getrouheid nie. Koester dit soos iets waardevols wat jy om jou nek dra. Skryf dit op die tafel van jou hart. Jy sal guns vind by God en by mense.”2

Ons optrede moet dus gemotiveer word deur liefde, gegrond in waarheid. Dit gaan nie noodwendig ‘n vreedsame atmosfeer waarborg nie, en omdat ons net mens is, is dit nie altyd maklik om hierdie beginsel elke dag suksesvol uit te voer nie.

Die Here alleen weet, ek self skiet baie ver tekort. Maar as ek my daarop gaan fokus om my bedryfstelsel elke dag te probeer bou op liefde en waarheid, en na wysheid en leiding te soek in elke situasie, kan ek verseker weet dat God my sal help juis in elke gebied waarin ek faal.

  • 2 Kor 8:21

  • Spr 3:3-4

Advertisements

4 thoughts on “Hoe bedryf jy menseverhoudings?

    • Ek gaan tans deur fel beproewing by die werk. Dit put my emosioneel uit en maak dat ek alles behalwe liefde en getrouheid toepas. En wanneer ek soos vandag mismoedig en verslaan voel, kom die sagte stil stem wat sê, “My genade is vir jou genoeg.”

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s