ouers se integriteit wat vernietig word: die goed, die sleg, en die aaklige werklikheid

Parental alienation: As a victim of parental alienation, I can say that it is one of the most painful and devastating experiences to go through. You are kept from your children while vial accusations are made about your love for your kids and then falsely presented to your child to brainwash them. It is one of the worst forms of child abuse. If you are experiencing this unconscionable act enforced by corrupt legal activity know that you are not alone. Alec Baldwin went through similar circumstances and wrote a book about it for anyone who is interested in learning more. ~dapmd

Hierdie is een van die aanhalings wat my laat wonder het, hoekom moet ek wegkruip en in isolasie leef omdat ek ‘n vervreemde ouer is? Ek is nie die enigste een nie. Net soos die bekende akteur, Alec Baldwin, en talle ander ouers, het ek aanvanklik ook elke aand gebid en vir die Here gevra om my net weg te vat. Nee, nie gevra nie, gesmeek. Ek wou nie meer in die oggende wakker word nie, ek het die dood begeer.

Nie net ervaar ek eerstehands wat ouervervreemding is nie, ek het al taamlik baie daaroor geleer ook, daarom dat ek besluit het om daaroor te skryf. Hoekom moet mense soos ek stom op ‘n hopie gaan sit en pruil? Hierdie is MY perspektief. Ek is nie ‘n sielkundige nie. Ook nie ‘n wetsgeleerde nie. Ek is net ‘n ma. Wat weet hoe om die roller coaster van woede, depressie, magteloosheid, en ontnugtering te ry. Wat weet van sukkel om daagliks te cope. Wat wonder hoe my dogters elke dag cope.

Nie net het die regstelsel my gefaal nie, mense het my gefaal. Mense wat ouervervreemding afmaak as swak ouerskap. Ek het op ‘n stadium gevoel dat selfs God my gefaal het (dis nou in my gebroke en onkundige denkwyse). Hoe benader of addresseer ‘n mens die situasie as dit totaal buite jou ervaringsveld is; buite jou gemaksone, buite jou geloofsraamwerk…. Ek het begin deur feite bymekaar te kry. Die eerste ontnugterende feit is dit: min mense weet werklik wat ouervervreemding behels. Maar nog meer ontnugterend: min prokureurs en sielkundiges in ons regstelsel weet regtig iets van vervreemding af, of gee regtig om. Hulle weet nie hoe om die konsep wetlik of terapeuties te benader nie. Ja, hulle weet van kinderregte en egskeiding en onderhoudsplig…. Hulle kan hulle idees rondom ouervervreemding vir jou klinies en volgens die boek probeer verduidelik, maar in menslike terme faal hulle grootliks. Daar is ‘n groot verskil tussen die kliniese ontleding van die anatomie van ‘n vervreemde ouer, en om fisies aan die ontvangkant van die vervreemder te sit. Dis so goed jy bestudeer ‘n bestuurhandleiding en klim vir die eerste keer agter die kar se stuurwiel in. Om die handleiding te ken is nie dieselfde as om fisies die sleutel te draai en die kar te bestuur nie.

Die konsep van ouervervreemding is dit: een ouer of voog beskadig en vernietig doelbewus ‘n gesonde verhouding tussen ‘n kind en sy of haar ander ouer, tot so ‘n mate dat die vervreemder en die kind saamwerk om die ouer suksesvol uit die kind se lewe te elimineer. Een oomblik het ek en my dogters ‘n wonderlike verhouding gehad. Die volgende oomblik was daar nie meer iets soos ‘n verhouding nie.

Mense het al vir my gesê dat ‘n normale, gesonde ma/dogter verhouding nie in ‘n kwessie van ‘n paar dae vernietig kan word nie. Wel, hulle is verkeerd. Dit kan. Ouervervreemding is soos ‘n trein sonder ligte wat deur ‘n donker tonnel dreun. Jy staan op die treinspore in die middel van die donker tonnel wanneer daardie trein jou tref. Jy verwag dit nie. Jy hoor nie eers die trein aankom nie. Geen gevaartekens, geen waarskuwing.

Die werklikheid is dat daar mense is (ouers en voogde ingesluit) wat kinders emosioneel mishandel. Hulle is wraaksugtig. Selfgesentreerd. Stel slegs belang in die vervulling van sy/haar behoeftes – ten koste van die kind, en van familielede. Hulle het nie die vermoë om te besef dat hulle eintlik die kind geweldig seermaak deur die kind kant te laat kies in konfliksituasies nie. Hulle kant. Dis ‘n geweldige misdryf wat teen ‘n kind gepleeg word, want:

  1. die vervreemder weier om te erken dat die kind een helfte van elke ouer is, so elke keer wanneer die vervreemder vir die kind vertel hoe aaklig en waardeloos die ander ouer is, vertel hy/sy eintlik vir die kind hoe aaklig en waardeloos daardie helfte van die kind self is.
  2. die vervreemder leer die kind verkeerdelik dat, om alle kontak te verbreek met die ander ouer, familielede, vriende, ens. die regte manier is om teleurstelling en seer te hanteer. Wat hy/sy egter nie besef nie, is dat die kind gaan grootword sonder die nodige vermoëns om gesonde en normale verhoudings met ander volwassenes te hê.
  3. die kind gaan eendag uit ‘n volwasse perspektief terugkyk op die vervreemder se gedrag en besef dat die vervreemder hom/haar van iets baie kosbaar beroof het: die liefde en ‘n gesonde verhouding van die ander ouer. Die kind sal besef dat sy vertroue in die vervreemder eintlik misplaas was, en verraai voel. En op daardie stadium sal die kind nie net een beskadigde verhouding met ‘n ouer hê nie, maar met albei ouers en diegene wat hy/sy uit sy lewe gesny het.

Wat vervreemders aan ‘n kind doen, is wreed en onaanvaarbaar. Hulle rig meer skade aan die kinders, as aan die eks wat hulle eintlik teiken. Hulle is narssistiese boelies en verdien hoegenaamd nie om eers ‘n ouer of voog genoem te word nie, want hulle is ‘n skreiende skande vir die samelewing, en plaas ‘n klad op ouerskap.

Van een vervreemde ouer na ‘n ander: Onthou, die een ding wat niemand van jou af kan wegvat nie, is die feit dat JY die natuurlike en wettige ouer is van jou kinders. Die voorreg en gawe van moederskap wat GOD vir jou gegee het, kan niemand uitwis nie al wil hulle ook hoe graag.

Sterk staan, jy is nie alleen in die stryd nie!

xoxo

 

Advertisements

11 thoughts on “ouers se integriteit wat vernietig word: die goed, die sleg, en die aaklige werklikheid

  1. Dis nie net jong kinders wat deur ‘n ander ouer of voog, gelei word tot vervreemdjng nie.
    Dit kan ook volwasse kinders wees wat deur jaloerse mense in die valstrik gelei kan word.
    Dnkie vir ‘n fantastiese stuk skryfwerk. Dankie veral vir jou gevolgtrekking asn die einde.

    Like

  2. Andorize, om so ń stuk te kan neerpen, reflekteer jou insig en volwassenheid. Jy weet dinge gaan nog draai. En die feit dat jy in jouself groei terwyl jy wag, dít is reeds oorwinning. Sterkte.

    Like

    • Dankie, ek het dit nog nie so waargeneem nie. Dit is goed om te weet as ander iets in jouself waarneem waarvan jy nie bewus is nie. Want mens voel jy skiet heeltyd ver tekort. Dan moet ek die eer aan God gee, want sonder Hom sou ek nie tot hier gekom het nie. X

      Liked by 1 person

  3. Pingback: Re-blog: – Het Bureau

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s