die klein dingetjies in die lewe

Ons word dikwels gebombardeer met boodskappe soos: “Dink groot”…. “gaan vir goud”…. “klim die leer van sukses”…. “reik na die sterre”…. En doen dit NOU! Klink bemoedigend, tog het ek al gevind dat wanneer ek hierdie raad volg, is ek geneig om vinnig uitgebrand, uitgeput, en onvoldoende te voel.

Hoekom? Wat is verkeerd daarmee om “groot te dink”?

(Ek verpes selfhelp boeke!)

Wel, inherent is dit nie verkeerd om groot te dink nie. Maar as jy glo dat “groot” beter as “klein” is…. om buite jou vermoë te gaan eerder as om dit rustig te vat…. om die beste te wees wat jy kan wees…. troef jy die beginsel om te waardeer wie jy is en dit is nie regverdig teenoor jou ware self nie.

Kom ons wees eerlik. Nie almal is bedoel om “groot” te wees nie. Nie almal hou daarvan om die heeltyd te multitask en mal besig te wees nie. Nie almal wil al hul energie mors om vir goud te gaan nie. Baie van ons waardeer meer die rooi, oranje, geel, groen, blou, en pers in die lewe. Kleure. Kontraste. ‘n Klomp dinge wat niks te doen het met groot gaan of bo uit kom nie. En dis nie noodwendig verkeerd nie. Natuurlik kan ons nie almal daar bo in die hoogtes wees nie. Nie almal wil daar wees nie. Want daarbo kan dit eensaam raak. Die lug raak dun. So daar is nêrens om heen te gaan behalwe ondertoe nie.

So, wat is so wonderlik oor die klein dingetjies in die lewe?

Dit is iets wat ek myself moes aanleer nadat my kinders uit die huis is. Na twee mislukte huwelike. Tydens werkloosheid…. Dis die klein dingetjies wat ons altyd sal onthou en waardeer wanneer ons op die verlede reflekteer. Soos ‘n braai saam met vriende. Inkopies saam met jou ma. Jou kinders se verspotte laggies en armpies om jou nek. Daai warm gevoel wat jy kry as jy iemand in nood help; as jy die lentebloeisels bewonder.

As mens nie die klein dingetjies geniet nie, wat bly dan vir ons oor behalwe die uitdagings en teleurstellings van die lewe wat op ons voorstoepe plop wanneer ons dit die minste verwag.

Die lewe bestaan uit oomblikke. Ons dink daaraan in terme van dae, weke, maande, jare. Maar die kern van die lewe is oomblikke. Ek wil nie dat my oomblikke bestaan uit die stres van alles op een slag probeer doen, of die goed wat ek nie gedoen kry nie…. of die teleurstelling in myself vir die dinge wat ek vergeet om te doen…. of mislukkings…. of mismoedigheid omdat dit voel of ek in ‘n groef vasgeval is.

Partykeer is dit nodig om ‘n kopskuif te maak en meer te begin fokus op die oomblik van nou. ‘n Mens trek te gou skouers op en sê: “Dit was ‘n slegte dag, niks wou uitwerk nie.” Selfs ‘n slegte ervaring het ‘n waardevolle oomblik daarin toegedraai…. as mens net ‘n bietjie dieper delf om dit raak te sien.

Ek los hierdie woorde vir my dogters: Let op die dinge wat julle doen. Moenie dat die konstante spervuur om “meer te doen” en “meer te wil hê” en “meer te wees” en die stryd om “goed genoeg te wees” julle beroof van die mooi en goeie oomblikke nie. xxx

johnwooden384652

Enter a caption

 

Advertisements

4 thoughts on “die klein dingetjies in die lewe

  1. Andorize, jy is regtig amazing. Onthou dit. Jy is deur baie diep waters, jy loop jou pad en vat die goed en die sleg. Jou Here leer jou, vorm jou. Soos ek sê, jy is amazing. Die klein dingetjies is wat werklik tel. My meisiekinders het ook nodig om dit weer te hoor.

    Liked by 1 person

  2. Oee dis baie waar. Ek het in ‘n milieu grootgeword waar dinge GEBEUR. Vinnig. My ma het dinge groot aangepak. Sy het nie 1 pastei gebak nie, maar 10.
    Ek het altyd gevoel ek misluk, ek kan nie eers een gebak kry nie, wat nog te sê 10.
    Toe leer ek in die bybelstudie: As ons in die klein dingetjies getrou is, sal God vir ons groter verantwoordelikhede gee, maar ons moet EERS in die klein dingetjies getrou wees. Dís die geheim.
    Toe raak alles makliker.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s