nie vir sensitiewe lesers

Kyk, elke mens het goeie en innemende kwaliteite. Takt is egter nie een van myne nie.

Ek was altyd ‘n naiewe mens en het alles geglo wat mense gese het. Maar oor die jare het die lewe my in ‘n skeptikus verander. In plaas van om op gevoelens staat te maak, maak ek nou eerder staat op feite. Want feite is meer betroubaar as mense. So, aangesien ek nou op my eie aangewese is en emosioneel ‘onbevoegd’ om ‘n dagboek getrou te hou, is ek nou besig om vir myself ‘n reelboek op te stel. ‘n Reelboek gebasseer op feite uit lewenslesse wat ek so met die tyd leer.

Feit nommer 1 in my boek is dat, nie almal wat ‘n mens ontmoet of ken of mee saamwerk, van jou gaan hou nie. Jy hoef nie noodwendig iets te doen dat mense nie van jou hou nie. Net jou teenwoordigheid, jou bestaan is genoeg om iemand se battery nat te piepie.

Reel nommer 1: Dalk is aanstoot nie so sleg after all nie. Daar is baie belangriker dinge in die lewe as mense se gevoelens. ‘n Ongemaklike realiteit, want ons is anders grootgemaak. Ons is grootgemaak om “nice” te wees met ander mense. Beskaafd. En dis goed. Vriendelikheid is goed. Veilig. ‘n Mooi eienskap. Fantasties as jy status quo wil handhaaf.

Dodelik as jy iets in die lewe wil bereik.

Ongeag of jou werk of jou huis of die kerk die plek is waar jy graag ‘n verskil wil maak, as jy aan ander mense se emosies uitgelewer is (selfs jou eie), sal dit jou eventueel emosioneel lamle. As jy nie besluite wil maak sonder om elke keer aan iemand anders se gevoelens te dink nie, gaan jy niks in die lewe bereik nie.

Ek wens ek het dit vroeer in my lewe besef, dan sou die situasie met my kinders dalk baie beter gewees het.

People that can never offend anyone, can never delight anyone either.

Dit beteken nie dat as jy altyd die vark in die verhaal is, dit jou suksesvol sal maak nie. Maar as jy nie bereid is om by geleentheid die vark te wees nie, gaan jy beslis in sak en as opeindig.

Reel nommer 2: Haat is ‘n bysaak. Hoe meer impak jy maak, hoe minder gaan sommige mense jou verstaan en van jou hou. Alles wat jy doen of se word gemisinterpreteer. Natuurlik kan jy dit vermy deur niks te doen nie…. As dit jou grootste ideaal in die lewe is om net so af en toe jou laptop se wallpaper te verander…. Maar as jy vooruitgang wil maak in die lewe en hard werk om kop bo water te hou, moet jy maar leer om te cope met mense wat jou min of glad nie kan verdra nie.

Reel nommer 3: Net omdat iemand afgepiepie is, beteken dit nie dat hulle noodwendig reg is nie. Mense wat kwaad is het gewoonlik nie iets intelligent om te se nie. Dink bietjie aan die tyd toe jy kwaad was oor iemand wat voor jou ingedruk het by die winkel, of jou afgesny het in die verkeer. Het jy toe iets intelligent gese? Woede is ‘n emosionele reaksie. Niks verkeerd daarmee om kwaad te raak nie, maar ‘n mens is nogal geneig om ‘n opvallende spektakel van jouself te maak as jy kwaad is. Heeltemal buite proporsie, soos ‘n verbyvlietende impuls. En soos enige impuls is die uitlokkingspunt niks anders as assosiasie nie. Party haat Apple, ander haat Google. Party is regs, ander is links. Se iets positief oor die een groep en jy steek ‘n fundamentele woede-vuur by die ander groep aan.

Wat my tot ‘n deurslaggewende slotsom gelei het: Om aan ander mense se kwaadheid gelykvormig te raak, is om aan die domste deel van hulle natuur toe te gee.

So, wees maar die vark in die verhaal en ignoreer die ander, uhm, varke.

Hoekom is mense inherent bang dat hulle ander mense se gevoelens gaan seermaak? Dat hulle ander gaan omkrap? Of ontstel? Want as ons mense ontstel of omkrap, is ons genoodsaak om onsself te regverdig. Ons smag so daarna om ons kwaadsprekers en gifsaaiers se guns te wen. Ons wil almal se goedkeuring wegdra, en net een kritiek uit ‘n honderd komplimente brand in ons breine soos ‘n sigaret wat doodgedruk word.

Laaste wat ek ‘n realiteitsanalise gedoen het, is dit ‘n futiele wensdenkery om die persoon wat jou nie kan verdra nie, se guns te probeer wen. Haters haat jou. Punt. Einde. Klaar. Of jy nou daartoe bygedra het of nie. Maak vrede daarmee. Iemand het gese:”Don’t try to win over the haters; you are not a jackass whisperer.” Party mense put eenvoudig genot daaruit om jou liggie te verdof. Hulle sal alles in hul vermoe doen om helderder as jy te skyn – ten koste van die waarheid.

Wanneer ek nou in die spieel kyk, besef ek…. sjoe, na al die seerkry, wonde, kneusplekke, teenspoed…. het ek dit gemaak. Ek is daardeur. Ek het dit oorleef wat veronderstel was om my plat te slaan en tot niet te maak. So ek kan my kroon reg skuif en soos ‘n oorwinnaar wegstap. Want die kettings wat ons soms bind is meer in ons koppe as enige iets anders….

xxx

 

Advertisements

4 thoughts on “nie vir sensitiewe lesers

  1. Jy laat my nou weer bietjie na myself kyk. Ek is geneig om net eenvoudig weg te stap, en nie my mening te lug nie. Pleinweg omdat ek nie dikwels die lus het om in ñ menings verskil betrokke te raak nie. Dalk het ek lui geraak. Ek sal wel soms, as dit my direkte hartsmense raak, standpunt inneem en mense selfs ‘afpiepie’. Maar dit gebeur baie min.

    Like

  2. Ek is dieselfde, ook geneig om weg te stap. Ek het ‘n hartsvriendin wat ongelooflik taktvol is as dit by meningsverskille kom. Sy het net ‘n gawe om haar mening vreesloos te lig, maar nooit lelik te wees nie. Ek sukkel daarmee. Ek raak sommer blatant onbeskof reguit. Mens is nooit te oud om te leer nie.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s