Wat dit is om “eenvoudig” te wees

IMG_20150721_0022329

Ons leef in ‘n wêreld waar mans vroue soek wat soos modelle of celebrities lyk…. en vroue wat wil wees en lyk soos modelle of celebrities. Dis die groeiende standaard van wat dit deesdae beteken om die “ideale lewe” te hê, of die “ideale individu” te wees.

Wat ‘n troos om te weet: ons is nie almal so nie. Daar is nog opregte mense daarbuite wat dieper kyk as die uiterlike; wat na meer streef as dit wat oppervlakkig en verganklik is. Mense wat “eenvoudig” is (nie common nie) en in staat om eenvoudig te leef – en vergenoegd te wees. Hulle is yl gesaai en sosiaal onaanvaarbaar, nietemin, dis die soort mens waarna ek streef om te wees.

So, as ek uit persoonlike ervaring kan sê wat dit is wat my help om “eenvoudig” te wees en – buiten omstandighede – my help om gegrond te bly, dan is dit die volgende:

  1. Dit vat nie baie om my gelukkig te hou nie. Dis die klein dingetjies wat saakmaak, en ek is tevrede met die minste. Die lewe is nie moeilik om te handhaaf as jy niks het om te verloor nie.
  2. Ek is nie iemand wat oorboord gaan met my looks nie. Ek kyk na myself en ek wil soos enige ander vrou ook goed lyk…. maar nie noodwendig met grimering, stywe jeans en stiletto’s nie. Ek weier om iets te dra, of iemand te wees, wat my ongemaklik laat voel.
  3. Ek soek nie mense se goedkeuring en aanvaarding nie. Ek het dit nie nodig nie. Ek voel goed oor myself, oor wie ek vandag is. Ek is nie noodwendig trots op my verlede nie, maar dit het my gevorm en gemaak. Dus aanvaar ek myself (let wel: die persoon, die individu, die innerlike en nie noodwendig die uiterlike nie) – en ek weet hoe om myself te hanteer. Vir my is ek genoeg.
  4. Kwaliteit tyd saam is vir my baie meer belangrik as fancy goeters.
  5. Ek probeer altyd oopkop bly in die eenvoudige sowel as die gekompliseerde dinge van die lewe.

En dit is een van die dinge wat min mense – of geen! – van my af weet nie. Op die ou end is die ware mate van eenvoud om waarlik vergenoegd te wees met jouself, met jou omstandighede, en met wat jy het – of nie het n. As jy te veel van jouself of van ander verwag, lei dit tot teleurstellings en veroorsaak dat jy uiteindelik fokus verloor van dit wat belangrik en waardevol is.

Advertisements

Eiers-galore!

Riaan het gisteraand 3 dubbeldore agtermekaar gekry!

Riaan het gisteraand 3 dubbeldore agtermekaar gekry!

In die woorde van Jarod Kintz: “I like my relationships like I like my eggs. Over easy.”

Ek hou daarvan!! Maar vat nou ‘n harde, hoë muur en ‘n eier wat daarteen gebreek word…. Watter een is reg, en watter een verkeerd? Watter een kies jy?

Ek kies die eier. Want elkeen van ons is ‘n “eier” – geroer, gebak, gekook, rou…. Elkeen van ons is uniek; veilig toe in ‘n broos eierdop. Elkeen van ons konfronteer hoë mure (omstandighede wat ons dwing om dinge te doen wat ons normaalweg nie sou doen nie)…. Ons het geen hoop teen die muur nie: dis te hoog, te donker, te koud. Nietemin, ons moenie dat hierdie hoë muur ons intimideer nie, en ons moet onthou dat ons soms self hierdie hoë muur help bou het.

“You got the eggs in you; the world is fully ready to celebrate the chicks out of your laying labour. Never give up. Go and breed! Go and breed great dreams.” Israelmore Ayivor

“There are at least two sides to every issue, and I like my issues sunny side up. I also like bacon and toast on the side. Are you eating what I’m saying?” Jarod Kintz

😉