Wanneer mense jou onderskat

underestimateIewers in die lewe sal daar altyd mense oor jou pad kom wat jou onderskat. Jou vermoëns, jou intelligensie, jou menswees…. Dit tas ‘n mens se selfwaarde geweldig aan, jy voel minderwaardig want jy word nie waardeer nie. Ja, dit is so dat ons seker nie moet toelaat dat mense ons so laat voel nie, maar komaan, ons bly ook maar mens en dit is een van die dinge in die lewe wat minder lekker is om te hanteer, of te aanvaar.

In die tyd dat ek enkellopend is, werkloos, en vervreemd van my kinders, het dit talle kere gebeur. Sommige mense maak opmerkings, of behandel jou, asof jy niks is nie. Asof jy nie saakmaak nie. Asof jy niks werd is nie. En ek haat dit. Ek het onlangs weer so ‘n geval gehad, en dit het my behoorlik laat kook en ontplof. Bygesê, ek is nie mees taktvolle een wanneer dit by die hantering van konflikte kom nie. Ek sal sommer reguit vir ‘n persoon sê waarheen hy of sy kan vlieg.

Maar hoe hanteer mens dit dan? Die Bybel sê ons moet die ander wang draai, maar dis makliker gesê as gedaan. As die verloop van die lewe jou geleer het om vir jouself op te staan, om jouself te beskerm, om onafhanklik te wees, en mense moeilik te vertrou, is daar sekere instinkte wat inskop wanneer so iets met jou gebeur.

Wat ek hier deel is nie noodwendig wat vir almal gaan werk nie, maar dit werk vir my. My geaardheid, my persoonlikheid. Dit is nie in my aard om eers ‘n onmiddelike konflik-situasie kalm te evalueer nie. Alhoewel die kenners sê mens moet eerstens selfgeldend optree, kan ek dit ongelukkig nie beaam nie. Dit ‘n styl van kommunikasie wat ek nog nie bemeester het nie, so ek gaan nie verder daarop uitbrei nie. Wat wel vir my werk is om my emosioneel te distansieer van mense wat my knaend beledig of onderskat. Daar is ‘n verskil tussen positiewe kritiek en negatiewe kritiek. ‘n Mens kan leer uit positiewe kritiek, maar negatiewe kritiek is net daar om jou af te breek. En om met mense te vereenselwig wat jou gedurig afbreek, is nie die moeite werd nie want jy sal altyd niks in hulle oë wees nie.

Die voordeel van sulke mense is die volgende: Dit gee jou die perfekte geleentheid om hulle verkeerd te bewys, en dan die uitdrukking op hul gesigte te sien daarna. Sulke mense sal nooit weet wat jy regtig werd is nie, en dit is hulle verlies. Nie joune nie. Moet hulle nie met woorde probeer oortuig nie, maar oortuig hulle dat jy ‘n sukses is met dade. Ignoreer die opmerkings en beledigings, en fokus op jouself. Bemeester dit waarmee jy besig is sonder om aandag te gee aan wat ander se opinies is. Ja, elkeen is geregtig is op sy of haar eie opinie, maar laat die uitkoms vanselfsprekend wees eerder as ander mense se besluite oor wat jy kan of nie kan doen nie.

Dit is bitter moeilik om nie te reageer op mense se onbeskoftheid nie, om om te draai en weg te loop. Moeilik, maar haalbaar. Hulle is dit nie werd nie, en jy is per slot van rekening beter as om na hulle vlak toe te daal. Laat mense sê wat hulle wil: op die ou end is hulle die skuurpapier – op gebruik en niks werd nie. En jy sal die een wees wat glad geskuur en blink gepoleer is. Die sterker een. Die meer waardevolle een. Die een wat sal uitstaan bo al die negatiewe. Die een wat beter is. Die een wat wen.

Slotsom: GLO IN JOUSELF – ongeag van wat ander mense sê!

Advertisements

2 thoughts on “Wanneer mense jou onderskat

  1. Geweeg en te lig gevind. Is ander woorde vir onderskat. Ek sê deesdae vir mense sommer so in hulle gesig: die klein dingetjies in die lewe het my nog nooit ge’bodder’ nie. Die uitdrukking op hulle gesigte is iets om te onthou. Hulle probeer vur dae en weke later nig uitpluis wat bedoel ek nou eigentlik. Dis soos jy sê, dis hulle verlies. Stap weg van die wat negatief is. Dis sios swem met sementsakke aan jou voete.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s