Dis nie die berg wat ons oorkom nie, maar onsself

91348_0_990x742

“It is hard to ascend a mountain but it is worth it when you see views from the top and enjoy descending,” writes Your Shot member Saku Okamoto, who captured this image while on a winter expedition to Alaska’s backcountry.

Ek het nog nooit ‘n berg uitgeklim nie. In elk geval nie ‘n berg soos Kilimanjaro of een van die groottes nie. Vir party van ons lyk dit sinneloos om so iets aan te pak, maar mense wat dit gereeld doen, beveel dit egter aan. Dis blykbaar goed vir fisiese gesondheid en wonderlike herinneringe en ervaring, maar dit verskaf ook meer in-diepte oorsig oor die wonderlike waarhede en realiteite van die lewe.

As ek dink aan my eie berge in my lewe, en die dikwels mismoedigheid en uitsigloosheid wat daarmee gepaard gaan, herinner ek myself aan diegene wat voor my die berg geklim het en die pad gelyk gemaak het. Hulle wat deur dieselfde (indien nie erger) beproewings moes gegaan het en die wyse lesse wat hulle daaruit geleer het, met ander kon deel. Ons almal staan vandag op die harde werk van hierdie mense wat ons vooruitgegaan het.

Ek is ook nie die laaste een wat hierdie berg moet uitklim nie. Daar gaan ander na my ook wees. Is dit nie my verantwoordelikheid om vir hulle wat na my kom, die pad boontoe met goeie gedagtes na te laat nie?

Buiten hierdie pad wat ek nou stap, is daar ook ander paaie in die lewe; nuwe paaie. Nuwe ontdekkings wat gemaak kan word. Nuwe horisonne wat bereik moet word. Wat doen ek vir myself om dit te ontdek? Wat los ek vir ander agter wat ook op ‘n lewenssoektog is, wat hulle kan help om hul nuwe paaie makliker te vind?

Soms is die pad wat ons stap, ‘n stil en alleenpad. Ek het geleer om dit te waardeer…. die stilte, die kalmte, die leemte. Dis in hierdie tye dat mens leer om werklik te luister – na jouself, na God, na ander – om die regte keuses te maak. Ek het twee keuses: gee moed op en draai om, of klim verder. As ek bo wil uitkom, moet ek kies om gedetermineerd te wees. Stap vir stap, een voet voor die ander, al raak die lewe hoe moeilik. Al is dit hoe swaar.

En terwyl ek stadig maar seker voortbeur, moet ek na myself kyk en gesond leef. Nie net liggaamlik nie, maar ook geestelik. Ek moenie net sorg ek leef en eet elke gesond nie, ek moet ook sorg my gees bly gesond. Raak ontslae van ekstra baggasie. ‘n Slim reisiger dra net wat nodig is op sy reistog. Hy is versigtig waar hy sy voete volgende gaan neersit, al beteken dit hy moet sy volgende paar treë vooruit bereken. Hoekom? Om onnodige gevaar te vermy. Die besluite wat ons daagliks maak; die besluite rondom die rigting waarin ons lewens moet gaan, moet met dieselfde presisie en versigtigheid gemaak word.

Ouderdom is net ‘n getal. Dit verteenwoordig slegs die hoeveelheid jare wat ek en jy sover lewe. Ouderdom is nie ‘n beperking vir enige geleentheid nie. Daar is kinders van tien jaar oud wat al hoë berge uitgeklim het, sowel as bejaardes van sewentig…. Ons moenie toelaat dat ouderdom ‘n beperking op ons potensiale en drome plaas nie.

Ek het nog nie bo uitgekom nie, maar ek kan my net indink hoe indrukwekkend dit vir enige iemand moet wees. Om bo uit te kom moet fisies, verstandelik en emosioneel baie vervullend wees. Wat ‘n vooruitsig! Dit sê net vir my ek kan belangrike dinge in my lewe bereik as ek hard werk en nooit opgee op my drome – en my geloof – nie.

Dus, liewe leser, klim daardie berg. Dit is die moeite werd.

Advertisements

One thought on “Dis nie die berg wat ons oorkom nie, maar onsself

  1. Pingback: Dis nie die berg wat ons oorkom nie, maar onsself | leefop40

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s