Dit is DIT

Ek sou nooit kon dink dat ek ‘n sterker persoon met selfvertroue kan wees, of dat ek daartoe kan groei nie – en dit op 40-jarige ouderdom! Ek het aanvanklik gedink, “Om hemelsnaam, is mens nie veronderstel om teen die tyd rustig te leef, gesettle, gelukkig getroud met ‘n stabiele gesinslewe, en ‘n suksesvolle loopbaan te hê nie??”

Wel, klaarblyklik is dit nie die geval vir mense soos ek nie. Partymaal probeer ek myself oortuig dat die afgelope twintig jaar tog waardevol was, en ek glo dit was. Ek is immers twee maal geskei. Verlate deur familie en vriende met wie ek noue bande gehad het. Vervreem van my twee dogters. Werkloos (behalwe vir die orrelis posisie wat ek elke Sondag beklee). En dakloos (in teorie sowel as vir alle praktiese redes). Dus is my huidige bestaan maar ‘n skaduwee waarin ek worstel om ‘n identiteit en doel van my eie te probeer vind; en ek weier om die afgesaagde, clichèd, middeljarige vrou aan my status toe te voeg!

Ek het so baie kosbare lewenslesse die afgelope paar jaar geleer. Ek dink die belangrikste was, en is steeds, om myself in ‘dinge’ en aktiwiteite waarvoor ek lief is, waarvoor ek ‘n passie en dryf het, te ‘verloor’…. met die doel om myself weer te vind.

Ongeag van hoe leeg die put is, hoe diep en donker die leemte, hoe aaklig mens se verlede was (en dit mag dalk nou clichèd klink, maar dit is absoluut waar); ongeag die moeilikhede en hartseer, mens kan weer opstaan. Mens kan weer sterk en vasbeslote raak, selfvertroud in jouself. Dis nooit te laat om weer te begin nie. Dit is haalbaar. Jy hoef nie aan te hou om alles te gee en gee, en nog meer te gee, net om op die ou end oor en oor seer te kry nie. Jy hoef nie die aaklige kwessies en mense en ongesonde vrese te verdra nie. Dis oukei om die streep te trek. Dis oukei om die maskers af te ruk (daardie maskers van als wat met ons gebeur wat ons tog so graag dra!). Dis oukei om moeg te wees. Dis oukei om dit nie maklik te hê nie. Ja, daar is dae wat gevul is met tyd en spyt. Dae wanneer ons totaal en al uitsigloos voel asof ons nie regtig seker is waarom ons hier is nie. Ek het telke male so gevoel…. “Ek is nie ‘n vrou sonder ‘n man of ‘n lewensmaat nie. Ek is nie ‘n Ma sonder my dogters nie.” Ek het gevoel ek het iets nodig om myself weer op te vul, iets om myself mee te definieer. En weet jy wat? In al my soeke en vrae het ek nog nie al die antwoorde of duidelikheid gekry nie. Dis net stukkie vir stukkie, een dag op ‘n slag. En ek het net besluit: dis ook oukei.

Alles in die lewe lei tot hierdie punt waar ons weet wat ons moet doen, nie wat ons voel ons moet doen nie. Gaan jy aan met jou lewe, en wie gaan jy wees? Onthou, jy is NIE die som van jou verlede nie. Dinge gebeur. Keuses gebeur. Aanvaar dit, en beweeg aan. Selfs al het jy gruwelooslik misluk, dit maak nie van jou ‘n mislukking as mens nie. Hou aan probeer totdat jy jou weg vind. Vind jou innerlike vrede. Behou ‘n kalm gemoed, ‘n stil hart. Gee daardie eerste tree en vind uit waarvoor jy bestem is, wat jou doel is.

Sover het ek my kunstige en kreatiewe self gevind; dit wat nie net vervullend en stimulerend is nie, maar wat ook bydra in die voorsiening van my basiese behoeftes. Ek het geleer wat finansiële sorg is (as jy niks het nie, is ‘n klein bietjie baie), sowel as emosionele en fisiese sorg. Ek was voorheen baie weerloos, maar met tyd en herstel het ek my mure herbou; my vesting – sterker as tevore.

Ek het oorleef. Jy kan ook. Selfs al is jy bang en jy struikel, gee daardie eerste tree en neem aksie. Tree vir tree op die pad van jou nuwe lewe. Dit is lewensveranderend.

Advertisements

2 thoughts on “Dit is DIT

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s